is die mense skaam om hulle stories in Afrikaans te skryf, van die stories wat hier gepost word is darm in die ergste engelse grammar geskryf denkbaar.
" I can like to speek inglish very dalisiously"
kom aan wees trots Afrikaans as jy in Afrikaans kan spyker kan jy in Afrikaans skryf ook
Ek stem SAAM !!!
Skryf in die taal waarin jy die gemaklikste is..ANDERS moet die *spell checker* rerig gebruik word!!!
Mense praat Afrikaans in die *Chat* kamer hoekom dan ook nie in die Fora en Storie seksie nie.
Maar by gese, as jy voel jy is darem Okay met albei Tale, skryf in Engels sodat almal kan verstaan.
Gelukkig is baie van ons "ouer garde" Suid Afrikaners nog behoorlik twee-talig, en behoort beide Engels sowel as Afrikaans te kan verstaan, al gebruik ons nie die ander taal daagliks nie. Maar onthou, hier is ook 'n paar "internasionale" lede (bv Irish) wat ook hieraan behoort.... Maar nou ja, ek meen skryf eerder in die taal waarin jy jouself behoorlik kan uitspreek. Dis JOU keuse!
Dit is nogal verblydend dat daar nog mense is wat opkom vir die pragtige taal, maar moet erken SH is nie baie afrikaans vriendelik nie. Maar het al probeer om afrikaans op die forums te gebruik maar sonder baie sukses. Dankie Pib jy is een van die uitsonderings wat in die persoon se taal van keuse respekteer
Die rede is omdat ons as afrikaner nog nooit op ons regte kon staan nie, gee liewer toe solank ons nie iemand kwaad maak of teen sy sin iets se nie.
Gaan kyk maar in die chatroom almal sal afrikaans praat totdat een engelse persoon begin gesels en almal sal oorslaan na engels. Het nog nooit gesien dat almal engels praat en iemand begin afrikaans praat dat die mense hul taal sal verander nie.
Ek is ook op die Australiese site en nog nooit het hulle probeer om 'n aanpassing vir my te maak nie hoekom moet ons vir die oorsese mense aanpassings maak, ons doen dit omdat ons 'n ordenlike opvoeding gehad het
Ek wag vir die antwoord dat engels 'n amptelike taal mis, Ja daar is 11 amptelike tale en kyk wat gebeur as 'n persoon een van die ander 9 tale begin praat in die pool, hy word gekruisig. En asseblief ek gaan nie die site verlaat omdat mense engels wil gesels nie ek is nie so kinderagtig nie, soos Redbruce gese het ons het met maniere groot geword en tweetalig.
Ja ek weet ook dat SH se kantoor in Engeland gesetel is, maar as dit 'n betaal site word gaan ons afrikaanse geld baie handig te pas kom.
hi daar
Adonis, dit gaan nie net oor ons pragtige taal nie, ek is engels gebore en het vir engels toe ek my afrikaanse vrou ontmoet het.
my problem oftewel kleinkie dood is mense wat engels skryf maar die spelling en sin bou laat veel te wense, dan is dit mos maar beter jy druk jouself uit in jou eie taal. in n taal waar jou sin bou en uit drukkings sin maak
@ stoutgatte 2013
NETS so!!!!!!
Mense lees en skryf nie meer nie. Mens sou dink die hele SA nasie is skierlik disleksies.
Of erens het ons skool stelsel `n probleem!!!