Marie sien Pieter wil van sy lessenaarstoel af opstaan. “Wag nou eers Pieter, ons moet dinge verder bepraat.” Sy gee hom weer ’n soentjie op die wang.
“Soos wat?”
“Weet jy nou al, Pieterman, of jy gaan toelaat dat Adri daai eerste aand aan jou meneer vat?”
Marie voel sy wil die ding nou na ’n kant toe dryf. Pieter moet dit deeglik in sy kop kry dat met daai eerste aand by die klub ’n ander vrou, as sy wat Marie is, sy peester fisiek in haar hande gaan neem. Self het sy al gewonder of sy kans sien om Deon aan sy penis beet te kry. Sy’t aanvanklik, voordat hulle vir Adri-hulle ontmoet het, effe gegril by die gedagte om ’n ander man se penis in haar hand te vat, wat nog te sê in haar mond te neem. Maar ná die ontmoeting met Deon en Adri het sy anders oor die saak begin dink. H’m, daai oë, kuif, borshare en boude van die man! het telkens in haar gedagtes opgekom. Sy moes uiteindelik teenoor haarself erken sy sal ook ander liggaamsdele van hom wil exploreer. Ja, sy sal beslis daar wil vat! het sy die afgelope week ’n paar keer wellustig gedink.
“Ek dink dis ’n kwessie van balans.” Pieter klink filosofies. “As Deon aan jou kwakkie kan vat, kan Adri aan my ook vat.”
“En sal jy dan nie jaloers wees nie? Selfs nie eens as Deon my ’n moemfsmul gee nie – want dis nog steeds sagswieng?” Sy sien Pieter dink diep na oor haar woorde.
“Nee, my vrou, dis mos nie asof ek jou permanent weggee en asof jy dit agter my rug doen nie. Ons gaan alles mos saam doen, ek en jy. En ek wil mos hê jy moet jou geniet. Solank dit gebeur, is ek oukei.”
Marie voel nou meer gerusgestel.
Pieter gaan verder: “En jy, hoe gaan jy voel as Adri aan my vool vat . . . en my suig?”
Wat, vool? vool! Sy het nog nooit dié woord oor Pieter se lippe hoor kom nie – hy praat altyd van sy penis. Dêmmit, hierdie man van my kom nou reg! dink sy.
Marie het die afgelope dae gewonder hoe Pieter – en ook sy – sal reageer as Adri haar mooi gevormde mondjie oor Pieter se vool laat gly, haar lang swart hare oor sy balsak gedrapeer. Sal Pieter dit ooit toelaat, het sy gedink? En hier suggereer hy dit nou self dat Adri hom suig!
“Ek sal haar aanmoedig om jou goed te suig; sy kan jou maar afsuig,” probeer sy Pieter absolute gerusstelling gee. “En as sy dit nie goed genoeg doen nie, help ek haar sommer.”
Haar woorde behoort hom nou die geleentheid te gee om te protesteer as hy so voel. Terselfdertyd wonder sy of hy ooit styf sal kan word met ’n ander vrou. Of sal hy reeds ’n ereksie hê nog voor die vrou hom in haar mond sit? Dalk sal sy wat Marie is, hom eers self in haar mond moet styf maak. Sy dink nie dis behoorlik om hom nou reguit te vra nie. Hy’s soms so hiperkorrek, en preuts daarby. Wees maar versigtig, Marie! dink sy.
“Dit sal bedagsaam van jou wees as jy Adri kan touwys maak, my dier,” laat hy van hom hoor. Marie is nie seker of hy dit dalk sarkasties bedoel nie.
Marie het vir Pieter nog raad: “Ja, en jy moet haar koekie met jou mond en vingers sommer goed bewerk, soos jy met myne altyd doen. Sy moet net so lekker kry – of nog lekkerder kry – as met Deon. Ek wil sien hoe haar tone krul,” probeer Marie hom gerusstel dat hy hom volledig aan ’n miksmul met Adri kan oorgee. Marie sien in haar gedagtes hoe Pieter met sy kop tussen Adri se bene lê en sy begin kerm en hyg. Marie voel hoe haar asemhaling swaarder word. Daar is weer klammigheid tussen haar bene.
As sy na Pieter se skoot kyk, sien sy daar het ’n knop in sy broek gevorm. Sy leun vorentoe en vat Pieter deur sy broek aan sy vool vas. Sy rol die stoel ’n bietjie weg van die lessenaar en kom voor hom staan. Dan buig sy vooroor, tot haar gesig reg voor syne is. Sy kyk diep in sy oë. Die volgende oomblik is haar lippe op syne, haar tong soekend. Sy voel Pieter se hand onder haar rokkie ingaan.
“Jy’s nat,” kom dit van Pieter as sy uiteindelik haar mond wegtrek. “So, dit lyk my ons is kwits wat die hantering van vole en poesies betref.” Pieter knipoog vir haar as sy regop kom en skuins voor hom gaan staan. Hy kyk doodluiters na sy rekenaarskerm.
Sy kyk hom half ongelowig aan en slaak ’n sug van verligting. Pieter is nou beslis reg vir geilpratery. Dis nou haar kans. Die beeld van die hygende Adri van so pas en ook Pieter se eksplisietheid en hand onder haar rokkie het haar erg opgegeil.
Marie is hees as sy praat: “Maar Pieterman, wat gaan ons doen nadat daar met mekaar se vole en poesies gespeel is? Gaan ek en jy, om Deon se woord van verlede Saterdag vir geslagsgemeenskap te gebruik, mekaar naai – oop en bloot voor hulle? Dis mos nog alles deel van sagswieng.” Sy wou al lankal die woord ‘naai’ gebruik, maar hoop deur Deon die skuld daarvoor te gee sal sy die skok by Pieter versag. Sy leun effens vorentoe om die reaksie op sy gesig te sien.
Pieter se kop draai na haar kant toe. Sy oë gaan stadig in die rigting van borste, dan haar rompie . . . en dan met haar kaal bene af tot by haar voete. Hy lyk vir Marie of hy nou baie bewus is van haar lyf.
“Die tyd sal leer,” kom sy woorde met ’n intrek van sy asem, “as ons lus is vir naai, dan naai ons. Of ek moet liewer sê, as jy wil naai, dan doen ons dit.”
Marie steek haar skok vir sy eksplisietheid weg. Sy weet dit kos baie van hom om so te praat. Sy dink hy doen dit vir haar uit bedagsaamheid.
“Hoe romanties van jou, my man,” reageer sy dankbaar. Sy leun vorentoe en gee hom weer ’n soen. En dan weer ’n klapsoen teen sy wang. Haar bruin oë staar vir ’n oomblik weer betekenisvol in sy helder blou oë.
Marie dink dis nou die tyd om met Pieter oor geil taal te praat. “Hoor hier Pieterman, ons het netnou van oop kommunikasie gepraat. Dink jy nie ons kan maar gereeld woorde soos ‘poes’ en ‘naai’ gebruik nie, my man? Ons het dit nou so pas gedoen; dis baie natuurlik en dit maak my lekker aangedraai. Sy kyk vir die boekrak in die studeerkamer terwyl sy dit sê, te bang om die uitdrukking op sy gesig te sien. Maar sy hoop van harte haar gebruik van die tot op hede taboe woorde in hul woordeskat maak dit vir Pieter duidelik hoe sy oor eksplisiete taal voel.
“En wat van ‘piel’?” Geskok en behaag is sy met sy antwoord.
“Uh, uh . . . Ek wou dit uit jou mond hoor,” antwoord sy eerlik en kyk glimlaggend vir hom en knipoog.
“Jy sal jou woord gestand moet doen as ons saam met Deon en Adri is en dinge loop in die rigting van voluit-aan,” kom dit van Pieter. “Deon, kom laat ek jou piel suig. Adri, naai vir Pieter, hy hou van die vrou-bo-posisie.” Marie is nie seker of Pieter die spot met haar dryf nie.
“Sjoe, ek weet darem nie of ek so ver wil gaan nie,” sê Marie half benoud. “Dalk sal hulle geskok wees.”
“Wel, Deon gebruik ‘naai’. Dit lyk asof hulle heel gemaklik is met eksplisiete taal,” sê Pieter. Sy stribbel nie teë nie.
“Kom ons oefen maar die woorde op mekaar, dan kyk ons hoe gaan dit,” laat Marie blyk. Sy is verlig die ys is gebreek oor geilpratery. Sy wonder egter hoe Adri dit sal ervaar en of sy en Deon met mekaar so praat as hulle intiem is. Heita! Ons is dalk een voor hulle, dink sy, nogal trots op hoe ver sy en Pieter met geilpratery gekom het.
Marie dink hoe die een ding nou die ander een aanhelp. Hul eerlike, ruimdenkende geselsery oor swieng, het gemaak dat hulle meer geil met mekaar kan praat. En, die uitbreiding van hul eksplisiete woordeskat, maak op sy beurt dat hulle makliker oor swieng kan praat. Sy voel baie in haar skik met die vordering – en sy dink Pieter ook.
Dis Pieter wat die gesprek verder neem: “Om terug te kom oor wat ons gaan doen na die pielsuigery en poesielekkery. Ek dink ons moet ons opsies oophou,” kom dit wys van hom. “Ons kom dalk by ’n punt waar jy, my skat, dink ons behoort voluit-aan met hulle te speel. Dan moet jy vir my ’n sein kan gee – dalk ’n kodewoord.”
“Sjoe, ek weet darem nie,” is Marie weer die een wat briek aandraai, verbaas dat Pieter nou so ver gaan. “Kom ons dink maar daaroor – daar’s darem nog tyd.” Maar hoekom nie, fantaseer sy vir ’n oomblik oor Deon en Adri saam met hulle in ’n kamer. As jy eers gevat, gelek en gesuig het, wat is nou so erg daaraan om daai organe met mekaar te laat kennis maak? filosofeer sy. Dis nie eens so intiem soos oraal nie; daar’s ’n kondoom tussenin, rasionaliseer sy. Sy besluit om haar gedagtes nie nou met Pieter te deel nie.
“So wie gaan die leiding neem om kamer toe te gaan, ons of Adri-hulle?” wil Marie nou weet.
“Ek dink ons moet ons aanvanklik bietjie afsydig hou, hulle laat voel hulle moet die veroweringswerk doen. As ons die voorstel sou maak om kamer toe te gaan, gaan dit nie goed lyk nie. Hulle kan dink ons het hulle vir die gek gehou deurdat ons gepraat het van ons groentjieskap. As ons hulle eerder die leiding laat neem,” vervolg Pieter, “sal dit hulle goed laat voel. Hulle sal dan weet hulle het ons aan swieng voorgestel.”
“Op ’n praktiese manier,” kom Marie tussenbeide. Sy beduie met haar mond hoe daar gelek en gesuig gaan word terwyl sy op haar elmboë op die lessenaar langs Pieter leun.
Pieter grinnik. “Ja, en dink net hoe geëerd hulle gaan voel as ons uiteindelik voluit-aan met hulle speel en hulle agterna kan sê hulle het ons ingebreek – geheel en al van ons swiengermaagdskap ontneem.”
“Ek sien al hoe daai wulpse Adri jou gaan ry tot jy voos is . . . en agterna met lus met daai geselserige bekkie vertel hoe sy jou van jou maagdelikheid verlos het,” kan Marie nie help om op te merk nie.
“En as hulle ons nie vra om kamer toe te gaan nie?” vra Marie bekommerd. “Hulle sien dalk ou swiengervriende of ’n ander nuwe paar wat dalk na ’n beter proposisie lyk.”
“My vrou, dan is ons op ons eie en het ons veroweringswerk om te doen. Ons sien dalk ’n paar wat ewe goed, dalk nog beter, lyk – dalk ook beginners. Dis dan ’n geval van ons wat die leiding neem. Die nuusberigte sal lui: ‘Dapper groentjies inisieer ander groentjies in swieng’.” Marie is hoogs beïndruk met Pieter wat nou sy staal begin toon.
“Jy raak nou te vindingryk vir my, my man.”
“Toemaar, ek dink nie dit sal gebeur nie. Deon-hulle sal mos besef hulle laat ons in die steek, nadat hulle ons aanleiding gegee het dat hulle ons wil touwys maak. Ek dink darem nie hulle is daai tipe nie.
“Ja, want dit sal dan ’n geval wees van: Hulle laat ons in die steek en laat ons deur ander steek,” lag Marie vir haar ondeundheid en verlig dat sy nou meer geil kan praat. Pieter gee ook ’n laggie. Marie hoop dis vir haar spitsvondigheid.
Marie is weer eens nuuskierig: “Dis nog steeds die begin-ding wat my pla. As ons in die kamer kom, wie trek eerste klere uit, ons of Adri-hulle?”
“Natuurlik weer hulle. En as daar gevat word, vat hulle eerste. Want hulle is die ervarenes en is ons mentors. Ons volg net.” Pieter raak nou baie wys.
“En sê nou hulle begin met mekaar speel, wat maak ons?” Marie wil seker maak daar is geen misverstande tussen haar en Pieter nie.
“Weer eens, my lief, dan doen ons dieselfde – tot hulle ander planne kry. Miskien neem Adri die leiding en dalk betrek sy jou. Ons het mos op daai een webwerf gesien vroue neem oor die algemeen die leiding met swiengsessies.”
“Ek dink jy’s reg dat hulle ons maar moet lei. Netnou, as ek eerste iets doen of voorstel, dink hulle ek is ’n opperste slet.” Wat ek dalk is! dink Marie grinnikend. Sy voel ’n tinteling in haar poesie.
“Nou die kwessie van diskreetheid, sê Marie bekommerd, “wat maak ons as ons iemand by die klub raakloop wat ons ken?”
“Lankal oor daai een gedink, my vrou. En self so bietjie op die internet gekyk. Jy groet beleefd en gaan voort asof dit normaal is. Want net soos wat hulle verras is om jou daar te sien, so is jy verras oor hulle. Hulle is daar vir dieselfde rede as jy en hulle is waarskynlik net so begaan oor diskreetheid. Want hulle weet ook dat dit ’n alternatiewe leefstyl is – nog nie deur almal aanvaar nie.
“Kan jy nou vir ons ’n lys van die reëls maak?” terwyl ek vir ons gaan koffie maak, vra Marie.
(word vervolg)