“Hoeveel sou Deon en Adri regtig in ons belang stel? Wil hulle ons regtig by daai swiengersklub ontmoet?” sê Marie terwyl sy en Pieter op die patio van hul dubbelverdiepinghuis sit en tee drink. “Ons hoor dan niks van hulle nie. Ek's sommer lus en bel vir Adri.”
“My liewe vrou, dis vandag Saterdag. Dis presies ’n week vandat ons hulle ontmoet het. Die mense het verpligtinge hierdie week gehad. Deon het mos gesê hulle is baie besig met die voorbereiding vir eksamens by die universiteit en Adri wil nog twee besigheidseiendomme verkoop om haar jaarlikse teiken te haal. En dalk wil hulle dinge met ons ook nie oorhaastig doen nie – dalk deeglik beplan.”
Marie dink ’n oomblik na oor wat Pieter gesê het. “Jy's reg, Pieterman. Ek's seker te ongeduldig.” Sy kan nie help om aan Deon se vriendelike gesig en sy borshare te dink nie. Sy voel ’n tinteling tussen haar bene. Sy strek met haar regterhand om haar koppie op die tafeltjie neer te sit. As die hand terugkeer, druk sy die kort pienk rompie kuis tussen haar bene in. Pieter sien dit en kry ’n glimlag op sy gesig.
“Toemaar Skattie. Ek weet jy's lus om jou hande so gou moontlik op daai boude van Deon te kry – en ook sy borshare. Lekker jeukerig, nè,” spot hy haar.
“Ja, en jy?” kom dit van Marie, terwyl sy die rompie dieper tussen haar bene indruk. Haar voorhand druk die materiaal vas teen haar koekie. “Natuurlik geen dringende begeerte om jou hande op daai twee voorossies van Adri te kry nie – h’mmm Pieterman,” terg sy hom. Sy voel hoe die klamheid tussen haar bene ontwikkel as sy haar verbeel hoe betas Pieter en Adri mekaar.
Laat ek liewer my koekie los voor ek ’n nat kol op my rokkie het, gaan dit deur Marie se gedagtes. Sy wil nie hê Pieter moet dit sien nie. Netnou dink hy ek’s ’n slet.
“Toe Pieter, kom ons gaan kyk weer bietjie na swieng-goed op die internet. Ons het nog heelwat te leer.” Sy vat Pieter aan die hand en trek hom van sy stoel af op.
Dis vir Marie belangrik dat hulle saam op die internet na swiengerdinge moet kyk. Pieter se studeerkamer met die groot skerm is die aangewese plek.
“Het ons nie al genoeg gesien nie?” kla hy effe toe hulle die huis instap, studeerkamer toe.
“Ons kon nog nie na alles kyk wat ek wou sien nie. Jy weet mos dis moeilik in jou studeerkamer – met die seuns wat enige oomblik kan instap. En, ek het jou nog nie gesê nie, maar ek’t gisteraand vir elkeen R500 rand gegee. Dis sodat die twee vandag met hul skoolmaats kan gaan fliek en êrens iets kan gaan eet. Sodat ons saam rustig kan surf.”
“En jy na kaalgat swiengers kan kyk,” voeg Pieter by.
Sy gee hom ’n pompie in die ribbes. Hy weet nog nie dat sy dit nogal geniet om na die kaalbasse te kyk nie – veral as die mense vir haar lyk soos gewone mense, soos sy en Pieter. Sy hou niks van video's met porno-akteurs nie - te onnatuurlik. Wat nou vir haar meer belangrik is, is dat hulle na swiengerwerwe kyk waar kundiges advies gee oor die voor- en nadele van swieng en die moets en moenies.
"Dis nou wat ek noem goeie beplanning," komplimenteer Pieter haar terwyl hulle aanstap.
Voor die toe deur van die studeerkamer trek hy haar nader en gee haar ’n piksoentjie op die mond. “Ek’s lief vir hou,” kom dit van hom. Marie kan sien Pieter is in sy skik met haar inisiatiewe om in die swiengding in te kom.
As sy regterhand die deurhandvatsel ondertoe druk en die deur oopswaai, stoot hy haar aan haar boude die vertrek in. Hy gee die boude ’n ligte vryfie voor hy hulle los. Sy is in haar noppies dat hy in ’n half vryerige bui is. Dis ’n teken dat hy darem nie wil briek aandraai met die swiengding nie.
“Luister, my man, jy’t gesê ons kan nie die nuwe jaar as swiengergroentjies ingaan nie, so ons sal ons kennis oor swieng op datum moet kry. Daar’s ’n hele paar goed wat ons nog moet opklaar. Ek hoop ons kry dit op die internet,” herinner sy hom aan sy eggenootlike verpligtinge toe hy die rekenaar aanskakel.
Marie vervolg: “En buitendien is daar nog die reëls en ons grense wat ons in plek moet kry. Almal sê mos dis belangrik.”
Pieter vul aan: “Terloops, ons was laas Saterdag hopeloos te jags om nugter te kon dink oor wat ons met Deon en Adri die eerste aand gaan doen. Ek en jy het sommer aangeneem daar gaan seks wees. Intussen is dit ’n paadjie wat ons stadig sal moet stap.”
Marie knik. Sy is ietwat verbaas oor Pieter se insig. Maar, wat haar meer verbaas, is sy gebruik van die woord “jags”. Sy het hom nog nie so eksplisiet hoor praat nie. Hy sal normaalweg woorde soos “opgewerk” en “opgegeil” gebruik.
“Kom ons begin voor en werk deeglik deur alles.” Marie voel sy klink soos ’n skooljuffrou.
Terwyl Pieter gou na sy e-pos kyk, kyk Marie by die venster uit terwyl haar gedagtes gaan oor hoe die week verloop het. Hulle het verlede Sondag, die dag na die afspraak met Deon en Adri, gevoel hulle het nog baie om van swieng te leer – voor hulle met Deon en Adri in ’n kamer ingaan.
Gelukkig het sy die tyd gehad. Haar baas het sy persoonlike assistent jammer gekry oor die groot werklas weens die jaarafsluiting. Hy het aanbeveel dat sy ’n paar weke af vat. Die seuns was gelukkig twee keer vir ’n uur of drie weg na maats. Toe kon sy, in die tyd dat Pieter nie by die huis was nie, in hul slaapkamer rustig met haar skootrekenaar op swiengerswebwerwe gaan.
Ter wille van hul verhouding het Marie gevoel daar moet ook spanwerk tussen haar en Pieter wees. In die twee dae per week wat Pieter sy ouditeurswerk van die huis af doen, het sy ’n paar keer saam met hom voor die rekenaar in die studeerkamer kom sit.
Ondanks al haar pogings, was daar nie genoeg tyd om al die inligting in te win wat sy gedink het nodig is nie. Hierdie besoek aan sy studeerkamer is dus vir haar uiters belangrik. Met die seuns nou weg vir die hele middag, wil sy hê hulle moet dinge nou deeglik doen. Pieter moet die wêreld van swieng goed onder die knie kry. Hulle kan nie bekostig om saam met Adri-hulle by daai swiengklub in te stap en die volgende oomblik skrik Pieter hom boeglam en wil hy die pad vat nie. Sy weet hy gaan meer beïndruk en gemaklik wees as hy alles self kan bekyk – op sy groot skerm, waarop hy tog so trots is.
“Is jy nie vies dat ek jou die afgelope paar dae uit jou werk gehou het nie, Pieter?” sê Marie van die boekrak af. Sy het intussen soontoe gestap om kamtig na Pieter se boeke kyk. Sy vervolg: “Dis wat gebeur as jou vrou langverlof het,” sê sy half verskonend en voeg by: “en sy met ’n klam koekie hier in die huis rondstap.” Sy byt op haar lip, effens geskok oor haar gewaagde erkenning.
“Koekie klam omdat sy met Deon wil speel,” laat hoor Pieter vermakering van hom. Marie kan nie help om die verbasing oor haar eksplisietheid in sy stem te hoor nie.
“En jy met Adri gaan speel, Pieterman. Dit maak my ook jags.” Dis nou die tyd om Pieter te laat besef sy gaan nie jaloers wees nie, dink sy, terwyl sy steeds na die boeke kyk.
“Kyk hier,” sê Pieter. Marie draai om by die boekrak. Sy sien Pieter lê terug in sy stoel. Dit lyk asof hy klaar is met sy e-pos. As sy agter hom kom staan, sien sy hy is reeds op ’n swiengerswerf. Sy’s effens vies dat hy haar nie vroeër betrek het nie. Sy sou graag wou sien hoe hy op die werf afgekom het – wat sy soekwoorde was, ens.
Pieter vervolg: “Hulle sê hier daar is swiengers wat in aparte kamers geruil verkeer. Maar om apart te speel is glo nie ’n goeie idee nie, want dan deel jy nie alles met jou vaste maat nie.”
Marie glimlag ingenome as Pieter vra: “Kan ons akkoord gaan dat ons net selfdekamer-ruilery sal doen, dit wil sê as ons ooit gaan ruil?” Marie weet dis ’n goeie idee, alhoewel sy nie juis van die onsekerheid oor ’n ruilery hou nie. Trek Pieter nou kleinkoppie? wonder sy.
“Beslis my lief, ons doen alles saam – in een kamer,” antwoord Marie, beïndruk met Pieter dat hy die voorstel gemaak het. Maar sy is nie juis beïndruk dat hy nog steeds dink dat volseks nie ’n ernstige moontlikheid is nie. As hulle ernstig is oor swieng, sal hulle uiteindelik móét ruil.
Marie vervolg: “Ek het jou mos nou die aand gesê ek wil jou en Adri langs my en Deon hê as ons speel. Ek wil niks doen waar jy nie by is nie. En ek is bly dis wederkerig. Dis natuurlik as ons in beginsel besluit het ons gaan voluit. Ek praat nie van die eerste aand nie . . . maar uiteindelik.” Sy hoop die manier waarop sy die klem op “voluit” geplaas het maak hom ook entoesiasties daaroor.
Marie swyg egter oor haar eie sielestryd oor volskaalse swiengery. Daar was die afgelope week by haar ook ’n mate van onsekerheid of hulle die regte ding doen. Is seks dan nie die een ding wat jou huwelik spesiaal maak nie? het sy al ’n paar keer gewonder. Moet hulle desondanks al die planne met Deon en Adri, nie maar omdraai met hierdie ding nie?
Marie weet haar seksdrang is hoog en as sy eers een maal geswieng het, sal sy nie wil ophou nie. Dalk moet hulle ter wille van Pieter en sy ongemak met voluit-aan swieng maar liewer nie voortgaan nie, het sy al ’n paar keer gedink. Sy het desperaat op die internet oor hierdie saak gesurf. En sy reken sy het die antwoord gekry – moet dit net nog met Pieter deel.
“Pieter, kom ons kyk bietjie wat sê hulle, wat maak ’n swiengerpaar se huwelik spesiaal. Ek het nou die aand op ’n interessante werf afgekom, maar toe’s dit al slapenstyd. Ek kon jou nie wys nie. Dis van ’n swiengerpaar wat hulle daarop toelê om advies aan ander swiengers, ook voornemende swiengers, te gee. Laat ek gou kyk of ek dit kan kry.” Sy leun oor Pieter en tik ’n paar soekwoorde op die sleutelbord in.
“Ja hier is dit.” Marie wys na die teks met haar vinger terwyl sy hardop lees: “Swiengseks in ’n huwelik is geen probleem nie. Maar wat uiters belangrik is, is eerlikheid, kommunikasie en wedersydse vertroue.” Die woorde is in vetdruk en sy spreek dit stadig en afgemete uit. Sy gee Pieter ’n soen teen die wang voordat haar vinger verder afgaan. “Kyk wat sê die vrou nog,” vervolg Marie: “Eerlikheid, kommunikasie en wedersydse vertroue is veel meer belangrik as seksuele eksklusiwiteit”.
“Interessant,” kom dit droogweg van Pieter.
“So, dis waaroor ’n huwelik eintlik gaan, my man: eerlikheid, kommunikasie en wedersydse vertroue.” Sy lees hardop verder: “Romantiese lyfliefde met jou vaste partner en ontspanningseks, soos in swiengery, is twee verskillende goed.”
“So nou is dit vir my ook duidelik hoekom apartekamer-swiengery uit is. Dis die eerlikheid en vertroue wat dan skade ly,” laat Pieter wyslik blyk. Marie voel of sy hom weer kan soen uit dankbaarheid vir sy begrip.
Marie voel sy moet die drie beginsels verder voer: “Maar dink jy nie ook dis daai drie goed – eerlikheid, kommunikasie en vertroue – waaraan ons behoort te werk nie, Pieter, sommer nou al?”
“Ek stem saam, ons is darem met al die besprekings oor swieng al klaar daarmee besig – dink jy nie so nie?”
“Beslis my man.” Sy gee hom ’n drukkie, haar wang weer teen syne. Want sy weet hoe moeilik dit vir hom moes wees om haar haar sin te gee met die voorstel om te begin swieng. Maar, dis duidelik hy het daaroor nagedink en stadig maar seker sy hart teenoor haar begin oopmaak. En nou lyk dit asof hulle op koers is!
“So, wat die eerste aand betref: Ons gaan dan net sagswieng met Deon en Adri,” sê Marie ferm.
“Sê net weer wat jy met sagswieng bedoel, Marie. Ek wil net seker maak jy verstaan dit soos ek.”
“Wel, dis wanneer jy ruil en dinge gaan dan nie verder as orale seks nie. Jy kan begin met ’n vattery aan mekaar. Dan lek jy vir Adri en sy suig jou. Dieselfde vir my en Deon. Of ek en jy kafoefel met mekaar, voor hulle.
“En hulle doen dieselfde, voor ons,” val Pieter haar in die rede, “So dan’s dit ’n wedersydse toekykery - reg?”
“Jip, my man.”
“Maar hoor hier, ons moet darem ook net ’n bietjie nadink oor hoe dinge kan verloop,” vervolg Marie.
“Wat wil jy nog weet?”
“Wel, in die eerste plek, gaan ek of jy vir Deon-hulle vooraf sê ons wil nie verder gaan nie as sagswieng? Ten minste nie die eerste aand nie.”
“Ek dink hulle weet reeds,” antwoord Pieter. "Hulle weet ons is groentjies. Hulle het ons immers van sagswieng vertel – gesê hulle het ook so begin."
“Aikôna, ons kan nie aanneem hulle sal weet ons wil nie die hele pad gaan nie. Jy’t gehoor wat hulle ook daar by die koffiewinkel gesê het: Jou speelmaats met wie jy kamer toe gaan moet vooraf weet of jy voorbehoude het.” Sy kyk stip na Pieter.
(word vervolg)