Join the most popular community of South African swingers now
Login

Mary Ann en Jeff leef hul geil begeertes uit

"Deel 8: Eerste lyflike kontak met Suzie en Danny: hand- en voetspel in die motorwoonwa"

2
0 Comments 0
144 Views 144
2.7k words 2.7k words

“Hoor hier, julle,” sê Mary Ann toe sy, tequila in die hand, na haar stoel toe stap, “ek stel voor almal maak hul drankies klaar en gaan sit dan in die woonwa om in die koeligheid van die lugversorger ‘n sappie te drink. Ek vrek nou van die hitte hier buite.”

“En Danny en Suzie, ek hoop nie julle gee om oor die onderbreking van jul vertelling nie – oor die  inwyding van daai groentjies. Ek en Jeff stel baie belang – en wil beslis alles weet, tot waar julle die proses voltrek het – en julle hulle genaai het. Ons sal beslis later die res wil hoor.”

“Als oukei, ons kan sien julle stel belang” sê Suzie.

Danny kopknik en voeg by: “Julle sal nie spyt wees as julle van ons kon leer nie. Onthou, julle gaan nog baie groentjies op jul pad teëkom.”

Dis ’n minuut of twee en almal, behalwe Mary Ann, het hul drankies agter die blad. Sy teug nog aan haar tequila.

“Oukei, gaan julle solank in. Ek maak net my tequila klaar.” Sy wys vir Jeff hy moet die ander twee volg. Sy knipoog vir hom en sien hy wonder of sy haar plan gaan implementeer. Hy glimlag.

Mary Ann kyk hoe die kaalboude-paar die trappie bestyg en dink vlugtig hoe Jeff daai vroulike boude gaan vashou as hy vir Suzie spyker. En sy wonder hoe Danny se boude gaan beweeg as hy vir haar, wat Mary Ann is, gaan naai. Sy’s mal oor boude. Sy kyk ook na Jeff se bekende kaal boude as hy die trappie bestyg.

Gou slaan sy die tequila weg en staan op.

“Kom ons sit by die tafel,” beduie sy as sy by die bo-ent van die trappie kom. Sy sien al die naaktes staan half besluiteloos in die loopweg.

“Is almal gelukkig met vrugtesap vir ’n begin?” Die jips en kopknikke laat Mary Aan dadelik die pynappelsap uit die yskas haal.

As almal op die bankies met hul blou geruite stoffering plaasgeneem het, skerts Mary Ann as sy met die sap nader kom: “Die bekleedsel is darem nie te grof vir mens se kaal boude nie.”

“Lyk my jy het boude op jou brein, Mary Ann,” lag Suzie.

Suzie sit by die venster met Danny langs haar. Jeff sit ook by die venster. Mary Ann sien hy’s heel gelukkig om na Suzie se tiete, hier reg voor hom, te kyk.

As Mary Ann die sap geskink het, gaan sit sy langs Jeff, regoor Danny. Daar is ‘n stilte as almal aan hul sap teug. Mary Ann kyk om die beurt na almal as die glase neergesit is.

“Suzie, kom ek maak jou en Jeff meer gemaklik.” Mary Ann strek oor die tafel en vat Suzie, wat met haar voorarms op die tafel gekruis sit, aan die arms vas. Sy sit die vrou se hande op die rugkant van Jeff se hande, wat plat op die tafel uitgetrek lê. Suzie stribbel nie teë nie – Jeff ook nie.

“My ou man het altyd ’n bietjie aanraking nodig om sy gedagtes los en vry te maak,” sê Mary Ann as sy vermaaklik na Jeff kyk, en dan na Suzie.

Suzie glimlag vir Jeff. Sy vat sy hande vas en draai hulle om – die palms na bo. Dan lê sy haar palms neer op syne. Mary Ann loer hoe die hande liggies teenmekaar vroetel. As sy vir Jeff kyk, sien sy hy lyk half verleë. Hy glimlag egter toe Suzie die groot hande tot by sy polse begin streel. Sy lyk vir my baie dankbaar om aan Jeff te kan vat, dink Mary Ann half trots op haar man. Sy het dit al soveel keer gesien. Jeff, met sy stille geaardheid, het vir baie vroue ’n erg sexy voorkoms.

“Hoe lank swieng julle al?” vra Mary Ann. Sy wil nie gras onder haar voete laat groei nie – wil hê almal se gedagtes moet in die rigting van ’n spelery gaan.

“Dis nou ses jaar,” kom dit van Suzie.” Sy kyk vlugtig na Danny. “Dit voel soos nou die dag dat ons begin het. Geniet egter elke oomblik daarvan.”

“Ja,” vervolg Danny terwyl hy breed glimlag, “na die eerste swiengsessie was Suzie ‘n bekeerde. Vertel vir hulle wat jou leuse deesdae is, Suzie.” Danny kyk vermaaklik na Suzie.

“Oukei,” sê sy as sy vir ’n oomblik na Danny kyk. Haar oë flits heen en weer van Jeff na Mary Ann as sy dan vervolg: “Op my bacheloretpartytjie het hulle gesê: 'Een penis vir altyd'. Daar was tot ’n banier met dié woorde teen die muur.” Sy hou haar oë op Jeff as sy verder gaan: “Maar vandat ek ’n swienger is, is my leuse: 'So baie penisse en so min tyd'. Dis mos waar vir enige swienger." Almal bars uit van die lag. Net Suzie lyk ernstig as sy Jeff se hande styf vashou.

Danny kyk goedkeurend na Suzie as hy vir ‘n oomblik sy arm om haar sit. Mary Ann dink by haarself: Hoe waar is daai swiengersleuse nie van my ook nie – piele en nogmaals piele, dis wat ek wil hê!

“Ja, en ons is geen oomblik spyt dat ons begin swieng het nie,” kom dit van Danny. “Swieng het al so baie vir ons verhouding beteken.”

Danny begin dan uitwei oor verskillende swiengerklubs wat hulle al besoek het – in verskeie stede. Hy vertel hoe belangrik die atmosfeer van elke swiengklub vir hulle is – dit moet erotiek en seks adem. Daar moet ook genoeg speelplek wees – baie speelkamers en ook ’n voyeurkamer. Alhoewel hulle soms die voyeurkamer verkies, wil hulle gewoonlik privaat met swiengpartners speel.

“Danny glo as ’n vrou hom eers in die voyeurkamer sien perform het, sal sy nooit nee vir hom sê nie,” spot Suzie as sy vir Danny kyk.

Dan begin Danny praat oor hoe puntenerig hulle soms kan wees met hul speelmaats. Hy kyk na Suzie as hy sê dat hulle dinge altyd stadig vat. Hulle wil hul partners se liggame eers flirterig aanraak voordat hulle die voorspel stadig verder neem. En, as hulle eers aan die gang is, gee hulle mekaar die volle vryheid om hul seksueel uit te leef, sê hy.

“Suzie hoef nie oor haar skouer te kyk, as sy met ‘n man besig is nie.”

“Dis net sodat ek nie moet sien wat jy en die vrou doen nie,” terg Suzie hom.

“Dis presies hoe ons ook voel,” sê Mary Ann as sy na Jeff kyk en byvoeg: “Ligte aanraking vir eers. Kyk net hoe sexy het my man en Suzie mekaar nou beet.”

Albei Suzie se hande is nou op Jeff se uitgestrekte voorarms. Haar tiete rus op die tafel, nie ver van Jeff se hande nie. H’m, dis net ‘n kwessie van tyd, dan het jy daai tiete in jou mond Jeff, mymer Mary Ann.

“Toe Danny, sit jou arms op die tafel,” sê Mary Ann. “Ek wil ook iets hê om aan vas te hou as jy sulke geil goed kwytraak.” Sy gryp sy gewrigte behoorlik vas as hy sy hande versigtig na haar op die tafel uitstrek.

“Oukei Danny, vertel nog,” moedig Mary Ann Danny aan as sy weer na sy sedige gesig met die swart snorretjie kyk.

Maar Mary Ann se gekyk na Danny gaan hierdie keer met handelinge gepaard. Terwyl Danny van nog een van hulle ondervindings vertel, lig sy haar kaal regtervoet van die vloer af. Sy wikkel dit tussen Danny se harige onderbene in – dan hoër op, tot by die knieë. Sy voel hoe hy die bene effens toedruk. Hy kyk haar half ongelowig aan en aarsel vir ’n oomblik voordat hy verder praat oor die spesiale aand wat hulle met ’n middeljarige swiengerpaar gehad het.

Die volgende oomblik begin Mary Ann se voet voel-voel tussen Danny se harige dye inbeweeg. Dan voel sy iets sags onder haar voetsool. Dis Danny se slap vool. Sy voel die groot orgaan hang oor die rand van die opgestopte bank. Danny hou op met praat. Sy oë flits heen en weer en hy trek sy asem diep in.

As Danny verder praat is dit effens stotterend, sy gesig sedig op Mary Ann s’n gerig. Suzie kyk hom skeef aan.

Danny het nou opgehou praat. Sy gesig steeds sedig en sy hande steeds op Mary Ann s’n, kyk hy haar diep in die oë as sy die bal van haar voet liggies op en af oor die riffie aan die skagkant van die neerhangende eikel laat gly. Ek het hierdie vool soos ‘n voetfetisjis onder my beheer, dink sy trots. As sy die slap skag onder haar voetsool van bo na onder streel, voel sy hoe die orgaan effens meer solied begin voel. Danny geniet dit blykbaar, want anders as om sy bene verder toe te knyp, maak hy hul wyer oop.

Suzie kom dit agter en sê vermakerig: “Jou been druk ‘n bietjie hard teen myne, Danny. Lyk my jy wil hê ek moet my bene toe hou.”

Mary Ann voel Danny se been bly egter in die wyd oop posisie. Ooglopend wil hy sy apparaat meer toeganklik vir die met voet voelende vrou maak, dink sy trots oor haar prestasie van so pas.

Mary Ann volg nou die rug van die skag stadig opwaarts met haar groottoon – tot dit teen sy heuwel stuit. Sy voel hoe haar toonpunt effe gekielie word deur Danny se kortgetrimde swart heuwelhare. Dan weer beweeg die toon stadig al glyend af oor die skag, tot naby die kop. Mary Ann voel hoe die vool nou meer lyf gekry het.

Dan begin sy op die eikel konsentreer met haar groottoon. Met die toonpunt bevoel sy die koronariffie onder die vel. Sy gee dit ‘n paar vegies, heen en weer, van links na regs en terug. Sy sien Danny se sedige gesig vertrek effens.

As haar toonpunt verder na benede oor die eikel beweeg, voel sy uiteindelik die sagte randjie van die voorvel. Die voorhuid is effens teruggetrek oor die eikel. In haar geestesoog sien sy die ronde oog wat die rand om die spleet vooraan die kop maak, behoorlik soos ’n akker se dop. Sy weet hoe sensitief die randjie is en laat haar groottoon saggies heen en weer speel. Hierdie keer gaan Danny se mond effens oop. Sy sien hoe die tong van lus teen sy onderlip stoot.

In haar gedagtes sien sy hoe daai voorvel-oog al groter begin word soos die vool begin uitsit – langer en dikker begin word.

“Ja, en toe Danny?” wil Mary Ann tergend weet as die vool nog groter en harder onder haar masserende toon word.

As Danny verder praat, probeer sy haar gelakte toonnael onder die voorvel inwikkel. Maar dit geluk nie. Die toonpunt masseer maar daardie deel van die kop met die spleetjie wat by die voorvelrand uitsteek. Maar skielik voel sy hoe die voorvel weens die uitdyende orgaan oor die koronariffie teruggly.

Mary Ann se toon is na onder gekrul as sy die blootgestelde riffie van die opbeurende kop liggies kielie. Dan begin sy die toon ritmies krul, sodat die tippie van die toonpunt flink heen en weer oor die riffie beweeg. Dit lei tot ’n vinnig stywer wordende orgaan. Sy speel met haar toon oor die riffie soos ’n duim oor ‘n kitaarsnaar. Mary Ann is in haar skik oor wat sy met haar voet kan regkry.

Die toon nog flink bewegend oor daai ontblote kop, stop Danny vir ’n oomblik in die middel van sy sin. Hy gee ’n amper onhoorbare kreuntjie. Sy gesig is strak as hy na Mary Ann kyk. Sy mond is effens groter oop en Mary Ann sien sy tong peul amper oor sy onderlip. Mary Ann is mal daaroor dat ’n man sukkel om sy gesig streit te hou as sy onder die tafel met sy vool speel.

Dis mos hoe ’n mansgesig met ’n groot lekkerkry moet lyk as niemand moet weet nie, dink Mary Ann, in haar skik oor wat sy met haar toon bereik het. En sy is in haar skik daarmee dat Danny nou half ingewy is in die plesier wat hy nog vandag gaan ervaar. Jy weet nog nie watter jagse vrou jy nog vandag mee te doene gaan kry nie; jy gaan jouself verloor ou snormannetjie, dink Mary Ann. Haar gesig lyk net so onskuldig soos Danny s’n. Maar sy is nou ook heluit opgegeil – uiters jags.

Sy besluit om haar voet vir ’n oomblik weg te vat. Haar been is ook effe moeg.

“Soos ek gesê het,” vervolg Danny, nou baie minder stotterend, “ons het daai aand gespeel dat die byle huil. Om die waarheid te sê, ons was so jags toe ons die paar kamer toe gevolg het – en hy kyk na Suzie – dat ons mekaar amper in die gang bygekom het! Suzie was so nat en ek so styf.” Danny sit sy arm om Suzie.

Jy praat nou lekker geil, Danny, dink Mary Ann. En net ek weet wat het jou so jags gemaak.

As Mary Ann weer Danny se piel met haar voet opsoek, kan sy voel dit het nou so hoog gerys dat dit reguit en horisontaal staan. Mary Ann kan die skag nou beswaarlik verder met haar groottoon karnuffel. Want, as sy haar voet nou in die man se mik wil sit, word dit gestuit deur die horisontale paal. Die pielkop druk teen die bal van haar voet en daar bly dit vir ’n oomblik voordat dit eenkant toe glip.

Mary Ann bring nou haar voet behendig onder die piel in en lig dit met die brug van haar voet op. Met die bal van haar voet trap sy Danny se erekte orgaan teen sy maag vas.

Die fallus nou met die voetsool teen die skag in plek gehou, is dit weer die groottoon se beurt om aandag aan hierdie belangrike orgaan te gee. Ritmies werk die toon se voorpunt die toompie in die frenulêre driehoekie onder aan die voolkop. Danny gee ‘n kreuntjie, maar laat dit klink asof dit deel van ’n keelskoonmaak is. Hy wil aan niemand om die tafel laat blyk dat hy lekker kry nie. Dalk wil hy later vir Suzie vra of sy iets agtergekom het, dink Mary Ann.

Skielik sien Mary Ann hoe Danny sy hand van Suzie se skouers afhaal. Die hand sak en gaan by Suzie se voorlyf onder die tafel in.

As Danny se mond groter begin oopgaap weet sy dat haar krullende toon onderaan sy pielkop, plus die gevoel van Suzie se poes in sy hand, hom maksimaal opgegeil het.

Jeff, wat die petalje uit die hoek van sy oog dopgehou het, glimlag as Mary Ann – missie voltooid – haar linkerhand op Jeff is se halfstywe piel sit. Hy het geweet van Mary Ann se plan; sy het hom die vorige dag vertel hoe sy Danny se piel met haar groottoon gaan bewerk. Mary Ann voel hoe Jeff se halfstywe piel blitsig in ‘n volledig stywe verander. Dan sien sy hoe Jeff sy hande losmaak van Suzie s'n. Met sy twee hande reik hy na Suzie. Hy vat haar twee tiete vas. Mary Ann sien hoe die hande liggies toekramp. Suzie kyk hom diep in die oë, 'n speelse glimlag op haar gesig.

"Sjoe, jy's baie sag en vroulik Suzie," hoor sy Jeff prewel terwyl hy sy hande effe terugtrek. Hy neem die twee tepels tussen sy duim en voorvinger en bevoel hulle liggies en trek hulle dan 'n bietjie. Dan neem hy sy hande weg.

“Sjoe, ek is nou nat van jou geil stories, Danny,” merk Mary Ann op toe sy opstaan en haar nat poes vir almal wys. “Toe, laat ons ‘n bietjie buite gaan asem skep. Kom-kom!”. Sy beduie met haar hande hulle moet hul gatte lig.

Die ander staan ook op. “En dit lyk my jy’s ook nat, Suzie. En kyk hierdie stywes van ons mans!” Sy wys om die beurt na Danny en Jeff se horisontaal staande vole. “Dankie vir jou vertellings wat ons so jags gemaak het, Danny.”

Mary Ann is eerste om by die deur uit te stap.

 

Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery