Toe die gesprek weer platonies raak, probeer Mary Ann dit in ‘n ander rigting stuur. Sy is van mening dat die geselsery moet voortbou op Suzie en Danny se inwyding van groentjies. Sy kan sien hulle raak opgewonde as hulle daaroor praat. Sy is redelik oortuig dat hoe meer Suzie en Danny oor hulle kienks met haar en Jeff deel, hoe meer geil dit hulle op. En dis mos wat jy by jou swiengmaats wil hê teen die tyd dat julle begin speel. Hoe jagser hulle vanmiddag in die woonwa gaan instap vir 'n swiengsessie, hoe beter! dink sy.
En o bliksem! Is sy nie lus vir speel nie! Daai swart snorretjie van Danny – sy wil dit sien blink van haar eie sappe. En sy weet Jeff brand ook om Suzie te vat. Sy sien elke keer as Suzie haar bene ontkruis, kyk Jeff of hy nie ‘n glimpie van haar poesie kan inkry nie. Mary Ann voel hoe haar eie poes begin tintel.
Die ander rede hoekom sy wil hê hulle gaste moet vertel oor die inwyding van groentjies is omdat sy so veel as moontlik daarvan wil weet – sy is seker Jeff ook. Hulle is altyd op die uitkyk vir nuwe seksuele ervarings.
“Suzie, julle was besig om ons te vertel van die ontgroening van swiengernuwelinge – jongetjies. Ek en Jeff luister graag,” moedig sy die gaste aan om verder te vertel.
Dis dan Danny wat tussenbeide kom: “Suzie, jy het netnou nog gepraat van daai uitsonderlike jong paartjie.”
Suzie klink vermanend as sy vir Danny kyk en sê: “Kom ons los nou eers daai daai paartjie met hul kienks, Danny. Ons vriende wil verstaan hoe dinge normaalweg met die jonges verloop.” Sy lyk in haar skik as Mary Ann en Jeff knik.
“Juistement, Suzie. Vertel! Vertel!” Mary Ann wil nie die geleentheid laat verbygaan om behoorlik ingelig te word nie. Sy wil agter die kap van die byl kom oor hoe om groentjies in swieng in te wy.
Suzie vat ‘n slukkie van haar drankie en vee haar mond plegtig af voor sy begin praat: “Wel, dis ‘n kwessie van strategie waarvolgens jy te werk moet gaan. Normaalweg is die groentjies baie onseker as jy hulle in die speelkamer inbring. Ons sal hulle dan eers op die bed saam met ons laat sit en verder gesels. Maar dan sal ons begin om dinge te laat vorder – in die regte rigting.
“En wat beteken dit?” vra Mary Ann as skalks na Jeff kyk.
“Die belangrike is dat jy hulle by ‘n punt moet bring waar húlle die inisiatief neem – ten minste lus moet wees om dinge te sien vorder.”
“En dis waarmee Suzie so goed is.” Danny kyk na Suzie as hy dit sê. Hy lyk trots op haar.
Suzie vervolg: “So, ek sal na ‘n rukkie se algemene praatjies sê: ‘Julle kan met ons maak wat julle wil. As julle wil hê ons moet ons klere uittrek, moet julle net sê.’”
Danny is opgewonde om aan te vul: “En Suzie sal vir hulle sê as húlle eerder ons klere wil uittrek, kan hulle ook dit doen. En aan ons vat, as hulle wil.”
Dis dan weer Suzie wat verduidelik: “Jy sal dan in die meeste gevalle net ‘n uitdrukkinglose staar van hulle kry. Maar die belangrike is, jy het hulle laat voel hulle het keuses. En uiters belangrik: Hulle moet weet daar kan enige tyd gestop word as hulle ongemaklik voel. Jy kan dit die beste demonstreer as jy vir ‘n rukkie uit die kamer gaan om hulle ‘n kans te gee om te koukus. Want onthou, hulle het op hierdie tydstip tyd nodig om die opsies wat ons voorgestel het, te bespreek. Ons sê vir hulle hulle hoef nie die deur oop te maak as ons klop nie. Dan weet ons hulle wil nie met ons verder gaan nie. Of hulle kan oopmaak en net sê hulle wil nie verder gaan nie – dan laat ons hulle alleen. Jy sien die verligting op hulle gesigte as ons uitstap.”
Danny vertel verder: “En jy weet as jy uit is, gaan hulle vir mekaar kyk met ‘n ‘Wat nou?” Want dis vir onervares eintlik ‘n moeilike probleem wat hulle nou moet oplos: die kwessie van wie gaan vir wie ontklee. Want onthou, daar is vier persone betrokke en daar’s ‘n swetterjoel permutasies. Jy wil hê dat hulle agter daai toe deur moet kopkrap dat dit bars. En of hulle iets uitgewerk kry, maak nie regtig saak nie. Die feit is, jy het hulle laat voel dat hulle menings vir jou belangrik is en dat hulle ‘n keuse het.”
“Ja, dis vir hulle baie gerusstellend dat hulle enige tyd die saamwees met ons kan stop,” voeg Suzie by. “Hulle moet net eenvoudig daai boodskap vroeg reeds hard en duidelik kry. Want dit neem baie spanning weg. Die feit dat ons die kamer verlaat het om hulle kans te gee om dinge in privaatheid te bespreek, skep geweldige vertroue by hulle – en dat hulle onder geen verpligting staan nie.”
“Jis, Jeff, ons gaste weet net hoe met die jongetjies . . . hè?” Mary Ann is ernstig as sy vir Jeff sê: “Ons moet mooi luister. Dit lyk baie opwindend om te weet hoe hulle dit doen. Ook hierdie ding van hulle dat die jongetjies onder hulself moet beraadslaag wie vir wie moet ontklee, maar dan maak die uitkoms nie saak nie. Baie interessant!”
“Jy weet Mary Ann, ek het ook al gewonder of ons nie baie verloor deur net op ons ouderdomsgroep te fokus nie,” kom dit saaklik van Jeff. Mary Ann weet daar broei nou ‘n plan in sy kop.
“En hoe lank gee julle hulle om alleen in die kamer te wees?” Mary Ann voel sy moet die fyner detail ook kry.
“Drie minute,” antwoord Danny. “Jy sê vir hulle jy gaan oor drie minute klop.”
“Moenie sê hulle moet jou kom roep as hulle klaar gekoukus het nie. Jy gaan vir ewig wag,” grinnik Suzie.
Danny vervolg: “En as ons aanklop en die paartjie ons weer innooi, dan sal Suzie dit beklemtoon dat ons nog steeds oop is vir vrae. Sy sal ook vra of hulle nog gemaklik met ons en met die situasie is.”
“En word julle gewoonlik ingenooi as julle klop en vra of julle kan inkom?” wil Mary Ann dringend weet.
“Ja, behalwe een keer,” antwoord Danny met ‘n laggie as hy na Suzie kyk. “Toe ons klop, toe hoor ons die man roep: ‘Kom binne!’ Toe Suzie die deur oopmaak en inloer is die twee besig om te kafoefel – in die missionêre posisie.
Suzie verduidelik: “Die jong outjie het opgehou waarmee hy besig was, net een kyk oor sy skouer gegee en gesê: ‘Tannie, ons wil graag alleen wees, asseblief. My vrou wil dit so hê.’ Hy het haar weer begin pomp nog voordat ek die deur kon toemaak.”
“Ek dink dit was ‘n geval waar Suzie hulle so jags gepraat het – voordat ons uit die kamer gegaan het – dat hulle dit nie kon hou nie,” sê Danny, duidelik trots op Suzie. “Ons was natuurlik teleurgesteld oor die jongetjies se voortydige koppeling, want dit het ons toe van ons plesiertjie om hulle te ontgroen ontneem, nè Suzie.” Sy knik.
“En het hulle julle nie later kom roep om verder te gaan nie?” Mary Ann is nuuskierig. Sy wil weet wat het daarna gebeur.
“Nee”, antwoord Suzie. “Hulle het eers ‘n uur later hul verskyning in die kroeg gemaak en eenkant met hul drankies gaan sit. Ons dink hulle was te gespandeer. Dalk ook skaam dat hulle ons teleur gestel het.”
“Ons sal liewer nie vir ons gaste sê hoe lank dit vir my en jou vat om gespandeer te raak nie, nè Jeff. Dis nie net een uur nie.” Mary Ann voel sy moet darem die gaste ‘n idee gee van haar en Jeff se stamina as dit by sekssake kom.
Suzie vertel verder: “Gewoonlik maak die mannetjie die deur oop as ons aanklop. As hulle ons binnenooi, weet ons ons koppe is deur. Dan is ons seker hulle wil verder gaan met ons.”
“En dan hou julle asem op oor wat hulle gaan sê oor die uittrekkery?” Mary Ann se stem is vraend.
“Nee, dis nou waar strategie belangrik is. Jy . . .” Suzie talm vir ‘n oomblik.
“Suzie, askies dat ek jou in die rede val, maar jy het vergeet om te sê dat soms, as die deur oopgaan, die paartjie kaal is.”
“Ja dis gevalle waar die paartjie dit te moeilik vind om uit te werk wie moet vir wie moet ontklee. Maar hulle voel hulle moet tog proaktief wees. Dan trek hulle hulself sommer by voorbaat uit. En dan is Danny se hand sommer met die instapslag op die gespe van sy belt,” grinnik Suzie as sy vir Danny kyk. “Daar’s tye wat die ontgroening sommer vinnig is!”
Danny is dan weer aan die beurt: “Soos ons gesê het, strategie is baie belangrik. Want as jy instap, gaan in die meeste gevalle daai twee se gesigte taamlik strak wees. En dis omdat hulle ding van die klere-uittrekkery nie mooi uitgewerk kon kry nie. Maar nog voordat hulle kan sê waar hulle met die ontkledingvoorstelle staan, sal Suzie praat. Vertel jy verder Suzie.”
“Hoe lyk dit met drankies?” sê Mary Ann as sy uit die dekstoel opstaan. “Dan luister ons mooi na Suzie.” Almal is gretig om iets te drinke te kry. “Bly julle maar sit. Ek kom haal julle glase.” Dis asof Mary Ann vir haarself ‘n bietjie dinktyd wil kry terwyl sy die rondte doen om elkeen se glasie te vat en na die koelbokse stap om te skink.
Glasies in die hand sit almal en klets oor die mooiweer.
As sy Suzie sit en betrag daar waar sy in haar naakte glorie op haar dekstoel sit – ewe sedig met haar glasie in haar hand – neem sy haar voor sy gaan alles inneem wat hulle te sê het. Mary Ann meen dat Jeff ook goed moet luister. Want kyk net die genoeglikheid met die ontgroening van die jongelinge waarvan Suzie se gesiggie spreek. Dit begin nou vir haar lyk of dit uiters behaaglik kan wees vir haar en Jeff om die jong oningewydes bietjie touwys te maak. Sy het al vergeet hoe proe ‘n jongmansvool en hier is ‘n geleentheid. Mary Ann is uiters bly dat Suzie en Danny dit baie geniet om hul kundigheid oor ontgroening van nuwelinge met haar en Jeff te deel.
Mary Ann beklemtoon wat sy ‘n paar minute gelede vir Jeff gesê het as sy hom weer aanspreek: “Luister nou mooi na ons gaste, Jeff. Volgende keer as ons groentjies raakloop is dit ek en jy wat hulle moet inwy.” Jeff mompel iets wat Mary Ann net-net kan uitmaak as ‘n soort instemming.
Mary Ann wil Suzie weer aan die praat kry. “En as julle weer binne in die kamer is, Suzie? Ons is nuuskierig. Wat maak julle met die jongetjies wie se koppe julle so lekker deurmekaar gemaak het?”
(word vervolg)