Die twee pare het skaars, steeds nakend, buite op die motorwoning-dek gaan sit of Mary Ann vra: “Almal lus vir koffie?” Almal knik die koppe.
Sy wil geen tyd verspil nie. Sy stap weer na die woonwadeur om die ketel aan te sit. As sy omkyk voor sy instap, sien sy hoe Danny vir haar kaal boude kyk. Jy gaan vandag nog lank na hierdie boude kan kyk, ou snormannetjie! dink sy by haarself. Want sy het genoeg van hierdie paartjie ervaar om te weet sy en Jeff gaan ’n hond uit ’n bos met hulle speel! Dat hulle uiteindelik gaan naai, is nie altemit nie.
Minute later kom Mary Ann uitgestap met bekers koffie op 'n skinkbord. Sy merk Suzie het haar stoel tot reg langs Jeff s’n geskuif. Dit staan regs van Jeff en haar linkerhand is uitgestrek en rus op sy regterbeen, net bokant die knie.
Sy merk Jeff wil opstaan om die skinkbord by haar te vat. “Toemaar, Jeff, bly sit.” Die laaste ding wat sy nou wil hê is dat die roete van Suzie se hand, duidelik op pad na Jeff se mik toe, onderbreek moet word.
“H’m, daai gevat aan Suzie se tiete was ’n goeie ysbreker van jou, Jeff,” sê sy half ernstig.
Suzie lag – half skaam lyk dit vir Mary Ann, want sy knyp haar bene toe. Haar hand lig ’n entjie op van Jeff se been.
“Jy kan jou hand maar daar hou, Suzie.”
Suzie glimlag as haar hand op Jeff se been terugsak. “Ek wil net nie hê jy moet dink ek doen dinge met Jeff agter jou rug nie, Mary Ann.”
“Agter my rug se voet, Suzie. Jeff sal niks toelaat as hy weet ek hou nie daarvan nie.” Mary Ann sien hoe trots Jeff oor haar woorde is.
Sy is doodtevrede met hoe dinge nou verloop. Daar’s net een manier om in die regte rigting te beweeg tot lyflike hoogtepunte met ’n swiengerspaar: stap vir stap. Die momentum is daar, dink Mary Ann, selftevrede.
As sy die skinkbord na Suzie toe uithou, is sy dankbaar as Suzie die beker met haar regterhand vat. Want haar linkerhand is nog ferm op Jeff se been – en daar moet dit voorlopig bly.
Jeff sit doodstil as hy sy koffie vat, versigtig om nie Suzie se hand op sy been te versteur nie. Dis duidelik dat hy geen beswaar teen daai hand het nie! Mooi so, Jeff!
As Mary Ann na Danny toe aan die oorkant van die dektafeltjie stap, sien sy hy kyk vir haar tiete. As sy nader kom sien sy hoe Danny onderdeur die skinkbord na haar poesie loer. Self kan sy nie help om vlugtig na Danny se piel tussen sy oop bene te kyk nie. Vanaf die sessie in die woonwa, het dit nou weer slap geword. Die romantiek van die insident onder die woonwatafel het vervaag. Toemaar, Danny, as die tyd daar is kry ek jou sommer gou weer op spoed! gaan dit deur haar geil gedagtes.
Die grootste deel van Danny se vool lê uitgestrek, oor die ballas heen, op die sitbladkussing van die stoel. Dis net die voorste deel van die skag en eikel wat oor die rand van die kussing hang. Genadiglik, vir Mary Ann, maak die voorhuid die hele eikel toe.
Toemaar, dis nie lank nie, dan is daai bielie van ‘n vool weer styf, neem Mary Ann haar voor.
Danny se oë is weer op haar tiete as sy na hom toe oorleun met die skinkbord. As sy die groot hand sien wat die koffiebeker neem, wonder sy instinktief hoe dit sal wees om daai hand op ’n tiet te hê.
Mary Ann se oë mis nie die groot donkerbruin, wydverspreide sproete op Danny se gladde bolyf nie.
“Dit lyk my ons lywe pas bymekaar, Danny,” sê sy as haar regterhand die leë skinkbord los, sodat net die ander hand dit vashou.
“Hoe lyk hierdie sproete vir jou?” sê sy nonchalant as sy haar regterhand onder haar linkerbors inskuif en dit effens lig, die tepel puntend in Danny se rigting.
“Ek kyk al lankal vir hulle . . . pragtig!” Dit lyk vir ’n oomblik asof Danny half skaam is dat hy die erkenning gedoen het.
Toe Mary Ann omdraai om die skinkbord op die dektafeltjie neer te sit, sien sy Suzie teug aan haar koffie, haar linkerhand steeds na Jeff uitgesteek. Die hand het nou verskuif na Jeff se binnedy, halfpad tussen sy knie en lies. Jeff kyk die verte in terwyl hy ’n sluk van sy koffie vat. Sy bene is ’n aks wyer oop as ’n oomblik gelede, duidelik in afwagting van Suzie se hand.
Suzie kyk Mary Ann stip in die oë toe sy die skinkbord op die tafeltjie neergesit het en regop kom. Mary Ann weet dis 'n kyk wat vra: "Mag ek maar?" Mary Ann sien die verligting op Suzie se gesig as sy vir haar knipoog.
Suzie se hand gaan dadelik 'n sentimeter of twee hoër teen Jeff se binnebeen op. Instinktief skuif hy vorentoe op die sitblad van die stoel. Hy sprei sy bene ver oop. Mary Ann sien hoe die kop van sy besnede vool, net soos Danny s’n, oor die rand van die stoel hang. Die orgaan is, net soos Danny s’n, primêr slap, maar dit lyk vir Mary Ann effe langer en dikker as in sy volle rustoestand.
Jeff kry ’n fyn glimlaggie op sy gesig as hy vir Mary Ann kyk. Sy grynslag vir hom, want sy weet hy wil bitter graag hê Suzie se hand moet tot by sy vool opskuif. Tevrede sien sy hoe Suzie se hand stadig en liggies kriewelend teen Jeff se been nader en nader kruip aan sy kruis.
As Mary Ann omdraai, sien sy Danny het haar stoel tot langs syne geskuif. Dis ’n goeie teken, dink sy. Hy wil hê sy moet dieselfde met hom doen as Suzie met Jeff.
Hande op die sye, gaan staan Mary Ann voor Danny. "Wat van ons twee Danny? Daai twee gaan nie meer met ons gesels nie. Hulle raak nou besig." Voordat Danny kan antwoord, tel Mary Ann die rubbermatjie wat voor haar stoel gelê het op.
“Lig jou bene, Danny,” sê sy en gooi haar matjie bo-op Danny se matjie, voor sy stoel, neer.
“Dankie Mary Ann, nou het ek ‘n lekker sagte rusplekkie vir my voete!” spot Danny as hy sy voete stadig laat sak. “Jy sal nou jou voete maar op die skurwe planke moet sit.”
“Dis vir my knieë, Danny! Maak oop jou bene. En ek gaan nie sit nie, ek’s nou hier!” Sy kniel neer op die matjie as Danny se voete, nog steeds in die lug, verder uitmekaar gaan. Mary Ann glimlag en kyk hom reguit in die oë as sy die twee kniekoppe vasvat en die bene wyer oopstoot. Sy sien hoe Danny se piel, nog steeds ongesteurd, uitgestrek op die sitbladkussing lê. Net die kop hang oor die rand.
“Skuif bietjie vorentoe Danny.” Danny beur, met sy boude glyend oor die kussing, vorentoe. Hy kom tot rus met net sy boboude op die kussing. Wat ’n lieflike aanbod van jou benededele, Danny, dink Mary Ann as sy sy bene wyer oop stoot, terwyl sy hom vas in die gesig kyk en glimlag. Hy glimlag terug. Dis ’n glimlag wat sê: Ek hou van wat jy doen Mary Ann, my vool wag vir jou.
Mary Ann se oë kyk steeds diep in Danny s’n as sy vorentoe op haar knieë skuifel en haar oopgesperde hande teen sy harige bobene opskuif. Halfpad tussen sy knieë en sy kruis kom hulle tot stilstand. Haar duime druk stewig aan sy binnedye, op ’n manier wat sê: Hou jou bene oop, Danny. Sy sien hoe Danny se oë toegaan en hy agteroor begin lê, tot sy rug teen die rugleuning is.
As Mary Ann afkyk, sien sy Danny se balsak hang effens oor die voorrand van die stoelkussing. Sy indrukwekkende langerige en dikkerige piel hang druipend oor die ballas, die voorvelbedekte kop nou ’n hele paar sentimeter laer as die sitblad van die stoel. Die voorvelopening is toegetrek. Dit lyk asof dit net-net die pielkopspleetjie toemaak.
Mary Ann geniet die uitsig op die orgaan; dis die eerste keer dat sy dit van naderby kan bekyk. Dit was nogal ’n ervaring om dit eers met die voet te bevoel het, en nou is dit hier vlak voor jou oë. Sy sien die groot are en ook die fynetjies onder die gladde blanke vel. Dis ’n bielie van ’n vool – en so eksploreerbaar, gaan dit deur haar gedagtes. As dit erek maar net ook so goed kan lyk. Sy lek haar lippe af.
As sy weer opkyk na Danny se gesig, sien sy dis effens vertrek. Sy mond is effens oop. Dis duidelik dat hy verwag dat ’n hand terstond op sy vool gaan neerkom.
Mary Ann is amper lus om vir hom te sê: Ou Danny, jy weet dit nog nie, maar hierdie vrou vat dinge stadig – jy sal dit nog agterkom. Maar sy weerhou haar van ’n mondelinge uiting en besluit om demonstratief te werk te gaan. Dade is partykeer beter as woorde.
Tergend ignoreer sy sy genitalieë vir eers. Terwyl sy hoof steeds teruglê teen die leuning, sy oë steeds toe, dwaal haar oë oor die prominente en groot sproete op sy bors. Sy lig haar regterhand van sy bobeen af, strek dit na vore en vryf liggies met die agterkant oor Danny se voorlyf. Stadig gaan die hand van net bo die naeltjie oor die gladde, amper onbehaarde vel – tot by sy linkertiet. Sag vroetelend vleg Mary Ann se vingers deur die prominente hare-ring om die areolatjie met die klein tepeltjie in die middel daarvan. Sy hoor Danny ligweg sug.
Danny se oë gaan oop en hy kyk af na sy tiet as Mary Ann met haar voorvinger sirkelend die areola om die tepel liggies vryf. Dis asof Danny ’n kreuntjie wil gee as sy die tepel tussen duim en voorvinger vasvat en dit ’n kwartslag-draaitjie gee. Sy kyk hoe sy gesig reageer. Dis strak, soos in die woonwa met haar voet op sy vool.
“Sensitief?” vra Mary Ann terwyl sy haar oë op sy gesig gevestig hou, “ek bedoel eroties sensitief?”
“Ja nogal,” kom dit erkentlik van Danny.
“O so, . . . nice,” toon Mary Ann haar ingenomenheid glimlaggend. En daarmee los haar linkerhand sy bobeen en gaan dadelik na sy regtertiet. Gelyk gee sy die twee tiete elk ’n stewige halfslag-draai. Danny gee nou ’n behoorlike kreun.
“Jou manstiete reageer goed, Danny. Ek hou daarvan,” sê sy as sy ondertoe kyk en sien dat Danny se voolkop ligte knikkies gee. H’m, ek sal gou moet maak as ek nog ‘n bietjie met daai voorvel wil speel, dink sy.
Omdat Jeff besnede is, is een van Mary Ann se fantasieë om blootstelling aan mans se voorvelle te kry. Sy is mal oor voorvelspel. En Jeff weet dit, want as hulle swieng, is dit amper noodsaaklik dat die paartjie se man onbesnede moet wees. Sy is mal oor die verskeidenheid – die een dag Jeff se besnede vool, en die volgende dag ’n onbesnede een. Vole is so verskillend, elkeen met sy eie persoonlikheid. En weet sy nie teen dié tyd hoe om met ’n voorvel te speel nie! Die meeste mans is gek oor haar speeltegnieke.
“Jy’t ’n baie bedagsame man, Suzie,” sê Mary Ann terwyl sy omkyk na Suzie en Jeff. “Hier is ek besig om hom aan sy tieties op te vry en hy het nog geen hand verroer om aan my te vat nie.”
Suzie, nou tussen Jeff se bene gekniel en met haar kop in sy mik, reageer met ‘n amper onhoorbare: “Gaan voort . . . gmpf . . . gmpf . . . vry hom Mary Ann!” Haar stem word gedemp deur Jeff se piel in haar mond.
As Suzie verder praat, is haar kop gelig en na Mary Ann gedraai: “Jy sal verbaas wees oor hoe voorbarig Danny kan wees as hy behoorlik opgegeil is. Jy sal nie sy hande van jou af kan weghou nie! Jou tiete sal dit gewaar!”
Mary Ann weet Suzie het haar sê gesê as sy haar kop weer diep tussen Jeff se bene laat insak. Vir ‘n ruk kyk sy hoe Jeff se gesig vertrek as Suzie hom suig. Dis vir Mary Ann so lekker as Jeff van ’n vrou se attensies hou en hy opgewerk raak. Dit maak haar uiters jags.
As Mary Ann haar hoof weer terugdraai na Danny, is sy bly om te sien hy is nog slap. Sy weet jy kry net een kans om met die voorhuid te speel en sy wil dit nie laat verbygaan nie.
Die warm invallende sonlig gee Mary Ann ’n idee. Sy voel hulle moet nader aan Suzie en Jeff wees, dinge meer intiem met hulle deel. Gedemp sê sy: “Danny, kry jy nie ook warm nie. Kom ons skuif anderkant toe, daar waar Suzie-hulle sit.”
“Oukei, reg so. Dan kry my lyf ook sommer ’n ruskansie.” Sy stem klink spottend.
Mary Ann draai haar kop. “Suzie, hoor hier, die son is ’n bietjie warm hier by ons. Sal jy omgee as ons na julle toe oorskuif?”
“Glad nie, Mary Ann. Jy moet net nie jaloers raak as jy sien wat ek met Jeff aanvang nie.”
“Dis die minste van my probleme Suzie. Tewens, ek wens jy vry hom so op dat hy jou nie sal wil los nie – dat hy julle nie vandag huis toe sal wil laat gaan nie.”
“Hoor jy Jeff, dis nie ek wat jags is nie; dis Mary Ann wat jou opgegeil wil hê,” klink Suzie kamtig verskonend.
“Kom ons verkas anderkant toe Danny,” sê Mary Ann as sy sy vool los, opstaan en die matjies optel.
Danny staan ook op. Hy tel sy stoel op en dra dit na Suzie en Jeff se kant toe. Hy sit dit regs van Jeff s’n neer – omtrent ’n halwe meter van Jeff s’n.
“Dit lyk my jy wil kyk wat Suzie aanvang, Danny,” grynslag Jeff.
“Jong, dis altyd lekker om te sien hoe sy ’n man trakteer. Enige kykery van my kant af maak haar net meer geil. Jy gaan dit binnekort agterkom.”
Mary Ann is gou by met die matjies. Sy sprei hulle voor Danny se stoel oop, die een op die ander. Sy gaan nog lank met hom doenig wees en wil nie met seer knieë hier opstaan nie.
“Hoor hier, ek’s dors en gaan vir my ’n glasie water kry,” sê Suzie. “Water vir enigeen van julle?” Almal dink dis ’n goeie idee.
Terwyl Suzie wegstap, gaan haal Danny Mary Ann se stoel en sit dit langs syne neer.
Suzie is gou terug met die water. Gemoedelik sit die vier in ’n ry, elkeen op sy stoel, en teug aan hul glasies. As Mary Ann haar kop draai, sien sy beide Danny en Jeff se vole is volledig slap.
“Tyd om te hervat, Suzie,” sê Mary Ann half formeel as sy opstaan.
“Jip,” kom dit van Suzie voor sy haar laaste teug gee en Mary Ann die glas by haar vat. Suzie vryf met haar hande oor haar maag as sy opstaan en na die sittende Jeff toe draai. Duidelik wil sy nie met koue hande aan Jeff vat nie.
Mary Ann stap met almal se glase na die tafeltjie en sit hulle neer. As sy omdraai, merk sy Danny het reeds sy onderlyf vir haar op sy stoel geposisioneer – presies soos dit was toe hulle die breek vir oorskuif gemaak het. Suzie is ook reeds op haar knieë tussen Jeff se bene. Haar hande is besig om oor sy binnedye heen mikwaarts te kruip.
“Ook maar goed ons vrouens het sterk knieë, Suzie,” sê Mary Ann as sy tussen Danny se bene afsak.
“Dit kan jy weer sê, Mary Ann. En ook sterk monde – met hierdie mans van ons.”
(Word vervolg)