Join the most popular community of South African swingers now
Login

Halloween-swiengerpartytjies – maak die beste daarvan (deel 3)

"Nog gruwelike en minder gruwelike karakters om jou mee te geniet"

1
0 Comments 0
159 Views 159
2.2k words 2.2k words

Nou ja, hier is nog ’n paar karakters wat jy op ’n Halloween-partytjie kan teëkom. Elkeen vereis sy eie benadering om behoorlik te geniet.

Doodsbodes en doosbodes

As jy en jou vaste partner ’n vroumens op ‘n Halloween-partytjie teëkom met “Doodsbode” oor haar bors geskryf, moet julle haar liefs vermy. Want sy kan net slegte nuus bring en kan jou dalk permanent samhainofobie gee.

Maar voordat jy moed opgee, maak seker dat jy en jou partner nie “doosbode” met “doodsbode” verwar nie. Want as daar “Doosbode” oor haar bors geskryf is, kan julle met haar dalk nog ver kom.

’n Doosbode is gewoonlik ’n eenhoring – ’n enkellopende vroumens wat daarvan hou om met swiengerspare te verkeer. Sy hou daarvan om eers biseksueel met die vrou alleen te verkeer en dan in ’n volwaardige driesaam met die man ook betrokke.

Min doosbodes sal nuus bring wat nie welkom is nie. Na ’n geselsie in die kroeg, of in die ontspanningsarea of aan die etenstafel, sal sy julle gou probeer beïndruk. Sy sal klem lê op hoe belangrik ’n doosbode se persoonlikheid vir lekker swiengery is. En ook hoe belangrik die doosbode se besondere doos is. Want ’n doosbode se doos moet voorsiening maak vir beide die vrou en die man, sal sy verduidelik.

’n Doosbode se dooshare is gewoonlik uiters fyntjies getrim. Baiekeer sal die heuwelhare in die vorm van ’n hartjie wees, ’n simbool so na ’n vrou se hart. ’n Vrou wat ‘n doosbode se dooslippe vir ’n lekkery ooptrek, sal dadelik getref word deur die subtiliteit van die parfuum wat sy aan die binnewande van haar buitelippe gesmeer het. Want dis vir beide vrouens en mans bedoel.

Sy sal julle ook probeer oortuig dat die Kegel-spieroefeninge wat doosbodes normaalweg doen onmisbaar is. Want dit stel haar in staat om van die dunste vroulike vinger tot die dikste vool te omklem met heerlike ritmiese sametrekkings. Al sulke goed word genoem om die meerderwaardigheid van ’n doosbode se doos te beklemtoon.

Jy en jou partner kan gerus ’n doosbode probeer as ’n doos – bedoelende ’n moemf, nie ’n ghwar nie! – vir julle belangrik is.

Onthou net om goeie etiket aan die dag te lê in ’n driesaamspelery met ’n doosbode. Jy moet as man nie een van die twee vroue afskeep nie. En onthou maar om die vrouens aan die begin genoeg kans te gee om met mekaar te speel – met jou as blote toekyker. Moenie met jou stywe vool tussenin kom lol as die twee lekker speel nie. Jy kan jou vool met oorgawe gebruik as jou vrou haar kop lig en jou met blink gelekte lippe nader roep om die doosbode te plesier. En as jou vrou met jou ballas speel terwyl jy stoot, weet dan die doosbode haar erg plesier het. Sy wil hê jy moet haar goed naai. 

Moenie skaam wees om vooraf te bespreek wat elkeen se behoeftes is en wat julle met mekaar wil doen nie. Driesaams is nogal ietwat moeiliker as ’n tweepaar-viersaam – ook driesaams met doosbodes. So wees bedagsaam. Jy wil aan die einde van die sessie ’n happy doosbode hê en jy en jou vaste partner moet ook tevrede met mekaar wees. 

Kabouters

Kabouters is gewoonlik maklik om te hanteer. Moet jou nie laat afsit deur hul raserige geaardheid, skerppuntskoene en hoedjies met die tossels wat skeef op hul koppe sit nie. Onder dit skuil daar groot geilheid.

Die manlike kabouters dra gewoonlik belde met groot gespes wat maklik losgemaak kan word. Hulle is normaalweg baie viriel en die kaboutervool is gou op aandag.

Die vroulike kabouters buk maklik vir die manlike kabouters en trek spontaan hul rokkies op. Hulle is gewoond daaraan in die woude van kabouterland. As jy ’n man is, sal jy daai kabouterboudjies se voorkoms prettig vind. Alhoewel kleinerig, is daar  gewoonlik genoeg vashouplek vir die hondjieposisie. As haar bobene bietjie kort is vir hondjieposisie op die bed, sal jy dalk langs die bed moet staan om haar te spyker.

Wees bedagsaam as ’n hoedjie van die kabouter se kop afval. Kabouters doen niks sonder hul hoedjies nie – so hou op spyker as dit gebeur. As die kabouter sy/haar hoedjie weer op het, kan julle lustig voortgaan.

As jy as man die kaboutervroutjie hondjiestyl naai en jy voel jy is naby aan jou orgasme, kreet iets uit soos: “Ek gaan kom!” Jy sal verbaas was om te voel hoe vaardig daai kabouterpoesie jou piel met lieflike sametrekkings begin masseer en jou met die komslag heerlik vasklem.

Jou eerste komskoot sal grotesk wees. Jou mond sal ’n ronde O maak terwyl daar ’n diep brul uit jou agterkeel sal kom. Jou eerste skwirt sal massaal en in alle rigtings in daai kabouterpoesie wees. Jy sal haar letterlik van binne uitpleister terwyl haar fyn kabouterstemmetjie haar genot uitkreet. Dit sal klink of julle ’n duet sing. Tot jou laaste pulsasie sal sy haar stem verhef.

Jy sal die kaboutervroutjie se dankbare, byna peristaltiese vaginarimpelings om jou vool voel terwyl jou orgasme-kretende mond weer stadig toegaan. Jy sal jammer wees om uit te trek. En jy sal dalk hard moet trek. Kabouterpoesies kan ’n man styf vasknyp.

Daai manlike kaboutertjies is net so vaardig met ’n naaiery. Onthou net, ’n stywe kabouterpiel se kop wys skerp opwaarts, net soos sy skoenpunt. As jy ’n girl vir G-kol-stimulasie is, is daai piel net vir jou. Maar dan moet jy by die missionêre posisie bly. Dis ook veiliger, want hy kan sukkel om by te kom as jy hondjiestyl staan. Jy wil hom nie affronteer nie.

’n Manskabouter kan lank naai, so geniet dit.

As hy met sy altstemmetjie sy orgasme begin uitkreet, is dit amper onvermydelik dat jy dan ook gaan kom – asemsnakkend en met jou lyf rukkend. Wees dan uiters versigtig dat jy nie sy hoedjie van sy kop af klap nie. Want dan sit daai kreet van hom om in ’n hartverskeurende klaaglied. Hy sal dadelik uitpluk en jy sal nie sy bedarende eindstote kan geniet nie.

As julle ’n swiengpaar is wat lekker wil swieng, oorweeg gerus ’n speelsessie met ’n kabouterpaar. Onder aanmoediging van hul responsiewe en waarderende skerp stemmetjies, sal julle jul gate uit geniet.

Bosnimfe

Op ’n Halloween-swiengersparty is daar gewoonlik die bosnimfe. Hulle het ’n goedige en samewerkende geaardheid. Hul groot wulpse boude, wat uiteraard nooit bedek word nie, is altyd duidelik sigbaar. Let maar op hoe lieflik kuiltjiemakend dril die boude as hulle by jou verbystap.

Bosnimfe vry gewoonlik in die bos en het hul eie vereistes. Hulle is baie tradisievas. Moet dus nie verbaas wees nie as ’n bosnimf wat saam met jou speelkamer toe gaan, jou vra om die sak met blare wat sy saamgebring het op die bed – of dalk die vloer – uit te skud. Sy kry haar vryer in die bos gewoonlik om vir haar ’n blarebed te maak waarop hulle dan rustig kan naai. So, óf jy alleen óf saam met jou vaste maat met ’n bosnimf wil speel, jy moet die blare in gedagte hou. 

As man sal jy ook die platgeryde blare na die tyd moet optel. Dis net goeie maniere teenoor ’n bosnimf. Van die blare kan nat wees. Moenie worrie nie, sy het nie ’n swak blaas nie; dis blote poessappies wat uitgeloop het.

’n Bosnimf het hout nodig hê om haar hande op te laat rus as jy haar wil hondjie. Dis soos sy dit dit gewoonlik in die bos doen, haar hande gewoonlik op ’n omgevalle boomstomp. So, as jy en sy lus is vir hondjiestyl met albei in ’n staande posisie, help dit om ’n braaistomp byderhand te hê. En hoe rowwer die bas hoe beter. Sit verkieslik ’n rowwe bosveldboomstomp in jou kar se kattebak, vir ingeval die swiengklub nie ’n stoorkamer met hout het nie.

Laat die stomp doodgewoon op die rand van die bed lê sodat sy haar hande daarop kan sit as julle die staande-hondjiestyl-posisie inneem. En geniet dit om te sien hoe die nimf se hande om daai skurwe bas vaskramp. Dis ’n goeie teken om te weet of sy lekker kry. Stukke van die bas kan waai as sy kom.

Terloops, as ’n bosnimf met jou as man praat en sy sê: “Jy het ’n lekker hout, ’n groot hout of ’n harde hout”, verwys sy nie na die hout waaraan sy moet vashou nie. Sy gee jou bloot ’n kompliment oor jou stywe vool. Hout is vir bosnimfe baie belangrik en ’n deel van hul lewe. Moet dus ook nie verbaas wees as sy ’n dik houtdildo tevoorskyn bring as jy haar nie genoeg bevredig nie. Ten minste moet jy dan aanbied om die dildo te hanteer. Doen dit met grasie en nie hardhandig nie.

Zombies

Zombies kan of manlik of vroulik wees. Hulle is gewoonlik eenlopers. Verder, hulle kan soms baie doods of slaperig voorkom en ’n pessimistiese gees adem. Maar hulle kan, indien behoorlik opgewarm, nogal heelwat passie agter daardie leepoë, treurige gesig en lustelose mond openbaar.

Jy en jou maat sal jul beste sjarme moet gebruik om aangename gesprekvoering met ’n zombie te hê en om lekker lyfspeletjies met hulle te doen. Julle sal dalk ook heelwat tyd nodig hê om ’n belowende zombie te identifiseer. Maar as julle eers een in ’n speelkamer het, moet jy bereid wees vir ’n lekker, rowwe speelsessie. As daar nou een ding is wat ’n zombie goed wakker kry is dit vurige seks.

’n Zombie-paar kan twee goeie ruilpartners uitmaak. Wees net kieskeurig.

Sletterige feë

Partygangers sal gewoonlik feetjies teëkom wat jou aanvanklik met hul towerstaffies probeer beïndruk. Hierdie feë se sletterigheid is aanvanklik heeltemal verskuil. Daar sal waarskynlik een wees wat, met haar wyd uitgespreide wit rompie, beswaarlik haar boudjies sal wys. Maar sy sal julle wysmaak dat sy julle oppasser vir die aand sal wees. Sy sal kamtig na julle omsien – jou en jou hubbie teen slegte, verleidelike vroue beskerm. 

Maar voordat jy jou oë uitvee, sien jy jou beskermfeetjie wydsbeen op die skoot van ’n man, haar een hand op sy bors en die ander een wat daai fraai frillerige wit rompie voorlangs oplig. En jy sien die man het geen moeite nie om sy hand en ook ’n ander, meer stywe lyfdeel van hom, onder die frilletjies van daai rompie te laat verdwyn. En as jy rondkyk sien jy naby haar nog ’n feetjie, ook goed besig om ’n man haar fokuspunt te maak. Die twee feë se aanmoedigende fyn stemmetjies oortuig jou hulle is nie van die soetste feetjies wat jy al teëgekom het nie. Julle wonder wat julle te doen staan. 

As julle rondstap en verder rondkyk, sien julle ’n ander feetjie op ’n kroegstoel. Haar fyn beentjies is wyd oop en die towerstaffie wat sy in haar hand gehad het, het in ’n gonsende instrumentjie verander. Dit lyk of die gebrek aan ’n manlike speelmaat – en dalk ook ’n vroulike een – haar tot ’n selfhelp-situasie gedryf het. Haar vriendelike glimlag het in grynslag verander. Sy kyk betekenisvol na julle. As jy en manlief ywerige vrou-vrou-man-driesamers is, oorweeg haar dus vir ’n bietjie drieweg-pret.

Stel die feetjie, terwyl haar vibrator steeds gons, aan jou hubbie voor. En as sy nie haar trillertjie wil verruil vir haar towerstaffie en julle wil vergesel nie, kyk verder vir ’n ander sletterige feetjie. Want daar is min dinge so lekker vir ’n driesaam-ingestelde vrou as om ’n speelgierige fee-sletjie te betrek. Om haar towerstokkie uit haar hand te neem en eenkant te sit. En dan haar bloesie, bra’tjie en wit frilletjiesrokkie stap vir stap stadig te verwyder – tot sy met haar kaal fee-tieties en pêntie-bedekte feeboudjies jou en jou hubbie se mond laat begin water. Jy kan die uittrek van haar broekie, as sy een aan het, aan jou hubbie oorlaat – terwyl jy liplekkend kyk hoe die donshaartjies, fee-spleetjie en feeboudjies te voorskyn kom.

Jou grynslag, as jy aan die einde van jul speelsessie haar towerstaffie in haar hand terugplaas, sal vir die feetjie baie betekenisvol wees.

Jip, sletterige feë het baie potensiaal, nie net vir die manne nie, maar ook vir pare.

Duiwels met hul horinkies

Jy kan op ’n Halloween-swiengersparty altyd ’n paar dames met twee duiwelshorinkies op die kop en ’n drietandvurk in die hand te wagte wees. Hulle kom gewoonlik baie bedaard voor – sal grasieus op die dansbaan met die manne omgaan. Maar wag tot jy hulle in ’n speelkamer kry. Dan kom daai duiwelsheid sterk na vore. Die horinkies bly gewoonlik nie lank op die kop nie. Hulle waai gewoonlik sommer aan die begin van die eerste woepssessie.

Die gebrek aan horinkies is gewoonlik nie ’n probleem nie, want daar bly genoeg duiwelsheid in haar oor. Die drietandvurk verloor gou sy aantreklikheid as ’n steekinstrument, want ’n ander, beter een, het nou op die toneel verskyn.

Of dit ’n driesaam- of viersaamspelery is, dis altyd lekker om na die tyd te weet jy het die duiweltjie-geaardheid behoorlik in die duiweltjie na vore laat kom.

In die volgende aflewering kyk ons na nog ’n paar karakters en ander dinge om te doen op ’n Halloween-partytjie.  

 

     

Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery