In die eerste aflewering van hierdie storie het ons aandag gegee aan pampoenspoke en mummies op Halloween-swiengerspartytjies. Hier volg nou ’n relaas oor vampiere.
Enkelmans veral moet bedag wees op vampiere op swiengerspartytjies. Dis gewoonlik vrouens wat hul lang tande diep in jou nek inslaan vir bloed en onderlangs jou mansaad uit jou uit melk. As jy ‘n BDSM-liefhebber is, kan dit vir jou werk; andersins kan jy bedroë daarvan afkom.
As jy as eenloper-man eenkant met jou drankie staan en die vrouens deurkyk, moenie verbaas wees nie as ’n jongerige vrou met ‘n swart mantel en swart vlermuisvlerke aan haar skouers na jou toe aangestap kom. Sy het waarskynlik pragtige blonde hare en swart gegrimeerde blou oë.
As sy jou vriendelik groet met: “Hallo, my naam is Vampie, wat is joune?” sien jy haar lippe is ook swart gegrimeer.
Jy het skaars jou naam genoem of sy begin jou komplimenteer oor jou nek. Sy vertel jou dat jou nek haar erg interesseer. Dit lyk so sterk en sexy. As sy met die agterkant van haar hand aan die kant van jou nek begin streel, voel jy hoe jou vool in jou broek begin roer. Fok, dis sexy dat ’n vampier my nek streel, dink jy.
Jy skrik as die swart geklede vrou jou aan jou hand vat en na ’n hoekie in die kroeg lei.
Daar gekom, laat sy jou met jou rug na die hoek staan. Sy maak haar mantel voor oop. Twee pragtige kaal borste tref jou soos ’n hamerhou. As jy mooi kyk, sien jy elke tepel het ’n prieming met ’n horisontale silwerstafie daardeur. Aan beide ente het elke stafie swart vlermuisagtige vlerkies van iets sags.
“Jy kan maar vat,” sê sy terwyl sy na haar tiete beduie. Jy kan amper nie glo wat uit daai swartlipmond kom nie. In ’n sekonde het jy ’n hand op elke tiet. Die versierde tepels druk heerlik in die holtes van jou hande. Jy wonder nog of jy jou hande moet wegvat, toe streel haar hand voor oor jou broek. Jy voel die volgende oomblik hoe die hand aan jou belt se gespe pluk-pluk.
“Kom saam,” hoor jy as sy omdraai. Hel, gaan ek vroeg vanaand al my eerste naai inkry? wonder jy as jy na die mooi gevormde gemantelde agterstewe kyk terwyl julle aanstap. Jy voel hoe jou vool begin lyf kry.
Jou broek staan soos ’n army-tent as julle by die swiengkamer aan die einde van die gang instap. Jy kyk vlugtig na die pampoenspook in die hoek. Die vrou draai om en maak haar mantel weer wyd oop. Na links en na regs draai sy haar lyf, haar borste lig swaaiend, terwyl sy breed glimlag.
“Kan jy sien ek is ’n vampier?”
Jou keel is te droog om dadelik te antwoord. Jou oë gaan met haar lyf af. Jy merk daar is drukwerk van ’n oopgesperde vrouemond op die voorpant van die klein rooi pêntie – min of meer waar haar venusheuwel moet wees. Wrede wit tande pryk tussen die swart lippe. Strale swart bloed druip oor die onderlip en by die mondhoeke uit. Dis ’n vreeslike gesig om ’n poes mee te assosieer, dink jy.
“Ek hou van vampiere,” sê jy kordaat as jy vorentoe tree en met jou hand liefderik oor die prentjie streel. Jy hoor hoe sy haar asem intrek. Dan nooi sy jou met: “Jy kan hom maar uittrek.”
Jy kan jou ore nie glo nie. Jy sak af op jou knieë. Jou voorarms stoot die mantel weg terwyl jou hande stadig teen haar dye en dan haar heupe opgaan. Dan is jy by die pêntie se borek. Jy haak gretig jou vingers by die rek in en begin die broekie stadig ondertoe afwikkel. Algaande kom die dooshare tevoorskyn. Die hare is amperblond, lank en staan wild in alle rigtings, asof hulle gepluis is. Is dit hoe ‘n vampierpoes lyk! kyk jy bewonderend. Nie sleg nie, is jy van mening in jou gedagtes, ek is al so moeg vir kaalgeskeerde poese.
As die borek oor die spleet begin skuif, is jou asem weggeslaan. Kyk daai opgehewe klit boaan! sê jy vir jouself. En kyk daai uitpeulende binnelippies! Jou mond water. Vir oulaas drink jy bewonderend die skoonheid van die vampierdoos in. Dan trek jy vinnig die pêntie tot by die vrou se enkels af. As sy uit die verfrommelde broekie tree, sien jy vir die eerste keer die swart leervlerkies op haar rooi hoëhakskoene.
As jy van jou knieë af opstaan, draai sy met haar rug na jou. “Vat my mantel.”
Jou oë is vasgenael op die mooiste, elegantste paar lelieblanke boude as jy die mantel oprol en op die muurkassie neersit. En wat ’n lyf! dink jy, as jou oë oor die kaal rug en ook die agterdye en kuite gaan. Nie vet nie en ook nie te maer nie – net reg vir heerlike pret. Jy moet keer dat jou kwyl nie op die vloer drup nie, terwyl jy ongesiens voor aan jou broek vat.
Jy kan nie glo watter geluk jou vanaand getref het nie, dink jy as die vampiervrou na jou toe terugdraai. Met ’n glimlag en ’n uitdagende kyk na jou, vly sy haar op haar rug op die bed neer. Die rooi geskoeide voete is omtrent ’n driekwart meter uitmekaar, die amperblonde skaamhaardos wild prykend in haar mik.
Jy begin jou belt losgespe. Fokkit, vanaand naai ek hierdie blondekop-vampier dat sy haar ouma vir ’n eendvoël aansien. En sommer in baie posisies. Sy is lus en ek is lus; ons gaan hierdie kamer die hele aand beset. Die byle gaan huil! Jou gedagtes is vol idees oor verskillende naaistyle.
Dit neem jou minder as ’n minuut om van jou blou suède-skoene, jou geel-blou hemp en jou navy-blou langbroek ontslae te raak. Dan haak jy jou duime bo by jou blou mikro-onderbroek met die erg bultende powtsj in. Vinnig trek jy dit na benede. Maar dan sukkel jy om die broek se borand oor jou klipharde, puntende vool te kry.
Skielik glip die broek oor jou voolkop. Jou logge lul slaan teen jou maag vas – doef! Trots dat sy dit gehoor het en nou vir jou kyk, trek jy jou onderbroek verder af. Jy sien sy staar bewonderend na jou orgaan wat ’n paar wilde swaaie maak en dan tot stilstand kom – skuins na bo staande. Jy’s reg vir die ding, is jou vaste oortuiging as jy nader aan die bed tree.
Gelukkig is my mond is nie ’n vampiermond nie, filosofeer jy as jy op die bed tussen die oopgesperde bene met die stilettoskoene kniel en met jou hand oor jou kwylende lippe vee. Jy kyk na die verloklike poes wat tussen die amperblonde hare deurskemer. Dan sak jou kop af.
Dit vat nie lank voordat jy die oorvloedige natheid op jou tong begin voel – en proe – nie. Wat ’n heerlike nat en gladde poes vir my piel om netnou in te verkeer, dink jy as jy jou kop oplig. Ek gaan die tyd van my lewe met hierdie vampier hê.
Jy wonder nog hoe jy haar vir ’n begin gaan vat, toe sy bevelend sê: “Ek wil jou hê . . . nóú . . . missionêr.”
Dis enkele sekondes en jy het jou onderlyf in die vampiermik. Met ’n stadige inwaartse haal stoot jy jou vool diep in haar in terwyl jou bolyf afsak. Uiteindelik is jou lyf uitgestrek oor hare en op jou elmboë gestut. Jou borshare raak aan die tepels. Die vlerkieversierings kielie jou bors liggies. As jy vir die glimlaggende gesig hier vlak voor jou kyk, sien jy die blou oë is toe. Jy kyk vir die swart lippe en wonder of jy hulle moet soen. Maar iets, jy weet nie wat nie, weerhou jou daarvan.
Jy het skaars begin stoot, of daai vriendelike glimlag verander na ’n strak gesig. Jy’s oortuig dis van die intense lekkerkry wat jy haar gee met jou vaardige en flink pompende vool. Maar al wat dit is – en jy sou dit eers later uitvind – is dat die vampier begin wonder watter kant van jou nek die beste gaan wees om jou bloed te tap.
Jy is so besig met jou beste spykerhale dat jy nie eens sien as die vampiergirl se mond vertrek en die slagtande begin verskyn nie. As jy voel hoe die tande in die linkerkant van jou nek inslaan, het jy die indruk dat sy jou bloot ’n liefdesbyt gee. Jy reageer met ’n paar ekstradiep pompe. Jy voel hoe sy, op haar beurt, reageer met ’n lig toekrampende vagina. Ritmies, in pas met jou naaihale, omklem sy jou vool. Fokkit, ek het lanklaas so lekker genaai. Jy loop oor van genoegdoening. En dit raak nog lekkerder as jy voel hoe die rooi geskoeide voete op jou wippende boude begin saamry.
Maar dan voel jy hoe die naalddun stilettohake in jou wippende boude begin ingrawe. Diep inpompend in jou boude in, voel jy hoe daai stiletto’s jou naaihale ritmies voortdryf. Dis fokken seer! wil jy uitroep, maar jy hou jou mond. Is daar by dié vrou dalk ’n sweem van sadisme? wonder jy as jou gat met die pynigende stiletto’s nou jou piel haal na haal in haar indryf.
Skielik voel jy hoe die skoene van jou boude afgly. Daarmee saam kom daar meer lewe in haar onderlyf, terwyl sy haar bene verder oopsprei.
H’m, ’n vrou wat goed reageer op die attensies wat ek haar met my vaardige vool gee, dink jy trots. En ek gaan haar ook nog hondjiestyl naai, met hompe vleis van daai elegante wit gatjie in my stewige handgrepe, neem jy jou voor. Vir nou gee ek hierdie vrou wat sy wil hê, gaan dit tevrede deur jou gedagtes terwyl jy teen ’n matige pas voortspyker.
Jy voel hoe jy nader aan jou orgasme kom. Maar dan hou jy jou terug. Dis vir jou belangrik dat jy nie voor haar moet kom nie. Jy hou daarvan om ’n vrou enduit te ry – nie te laat smag na nog van jou naaihale terwyl jou vool al begin slap word nie.
As jy van mening is sy is nie meer ver nie – en jy voel jy self sal ook nie meer lank kan uithou nie – begin jy jou laaste fase van die naaiery implementeer.
Jy gee haar ’n paar sydelingse pomphale, eers links, dan regs. Jy wissel dit af met lekker diep hale. Jy hou daarvan om al die wande van ’n vagina met jou piel by te kom. ’n Hele paar keer verwissel jy jou naaihaal-styl.
Jou onderlyf steeds in haar mik, laat jy jou bolyf regop kom. Jy haak haar bene in hul waaie met jou arms en lig die bene hoog op, die rooi stiletto’s tronend in die lug. Dan leun jy vorentoe, met jou arms wat die bene terugdruk. Die stiletto’s staan nou in lyn met haar kop en wikkel liggies as jy weer begin spyker.
Die stand van die vampier se effens oorgekantelde poes is nou ideaal vir G-kol-gerigte steekhale, dink jy tevrede. As jy die G-kol met jou voolkop begin peper, voel jy hoe die vampieronderlyf onder jou begin rondwikkel. Jy voel hoe haar bene teen jou arms verstyf. Haar gesig is vertrek van die lekkerte, die swart lippe van haar mond wyd oop en die tong lig stotend teen die onderlip. Jy sien uit die hoek van jou oog hoe die rooi skoene wikkel, die stilettohakke nou in alle rigtings ronddraaiend. Jou tegniek het gewerk. Sy is nou naby haar orgasme – altans so bepeins jy die saak op hierdie stadium.
Maar algaande besef jy sy gaan nie kom nie. Jy het al geleer ’n woeste naaiery laat sommige vrouens kom, maar nie almal nie. Sommige vroue hou van ’n tere, gevoelvolle en minsame gestoot om haar te laat kom. En hierdie is een van hulle, lyk dit vir jou. Stadig neem die tempo van jou naaihale af. Jy sal weer van posisie moet verander.
As jy weer op jou elmboë langs haar bolyf plaasneem en meer gelykmatig begin steek, voel jy hoe die vampiervrou se genotstonnel ritmies om jou vool begin saamtrek. Haar hande gryp jou boude vas. Haar mond gaan wyd oop. Sy gee ‘n diep kreun. So ja, dan is sy daar, gaan dit deur jou gedagtes. Daar is min dinge wat so lekker is om te aanskou as wanneer ’n vrou kom – en jy weet dis deur jou besondere naaitegniek.
Dan is dit nou my beurt om ook te kom, dink jy filosofies. Jou laaste steekhaal is die diepste nog. Jy hou jou piel stil in sy volledig weggesinkte posisie. Jy hou daarvan om jou saad so diep as moontlik te deponeer.
Maar o wee, hier is ’n probleem! Jy voel jy wil orgasmeer . . . maar jy kan nie! Jy sal nog moet stoot om jou by jou komslag te bring. Stadig begin jy verder naai. Dan begin jy die pas versnel. Die vampiervrou het reeds gekom en jy gaan dalk nie lank nog haar doos tot jou beskikking hê nie. Netnou gooi sy jou af, begin jy benoud te dink. Jy spyker voort. Dalk kan jy haar ’n tweede keer laat kom – dalk saam met jou, hoop jy.
Dan voel jy weer ’n liefdesbyt aan jou nek, hierdie keer aan die regterkant. Hierdie byt is vrek seer! Dit voel of haar tande diep ingeslaan is. En die gebyt hou aan en aan. Jy wonder of die liefdesbyt so ’n goeie idee is as wat die seksterapeute sê.
Jy voel hoe jy flouer begin naai, jou steekhale nie meer so diep en flink nie. Dit voel asof jou piel slap begin word het. Jy wonder of die vampiervrou nog waardering vir jou manlikheid het. Dis asof jy al minder van haar genotstonnel om jou vool kan voel. Is dit omdat sy gekom het, of het jou vool minder sensitief geraak? Jy is bekommerd.
Dan voel jy hoe alles voor jou swart begin word.
As jy wakker word, voel alles om jou deurmekaar. Jy lê op jou rug op die matras, steeds kaalgat. Die pampoenspook in die hoek kyk intens na jou. As jy jou regterhand lig om aan jou seer nek te vat, sypel ’n druppeltjie bloed af, tot op jou skouer. Jy besef nou die vampier het jou met lang tande aan die nek beetgehad. Dêmmit, dink jy, die vampier het my bloed getap. Jy vee jou hand aan jou maag af en laat dit verder ondertoe gaan.
As jou hand op die slaphangende piel in jou mik tot ruste kom, word jy bewus van ’n intense pyn. Dis jou voolkop wat seer is! besef jy. Jy vat die skag saggies tussen jou duim en voorvinger vas en swaai jou lul oor sodat dit plat op jou maag lê. Jou pielkop is bloedrooi. As jy mooi kyk, sien jy daar is swart kringe om die middel van die skag. Dis daai swart lippe! gaan dit deur jou gedagtes. Maar wanneer was die vampier se mond op my piel? wik en weeg jy. Sy het my nooit eers voor ons genaai het gesuig nie. Dalk daarna?
Wat het met my akker gebeur? vra jy jouself af as jy die voorkant van jou piel liggies van jou maag af optel. Jy voel nou eers hoe teer die kop is. En waar is my voorvel? Jy is gewoond daaran dat na ’n naai die voorvel gou-gou vanself terug oor jou voolkop skuif. Maar nou is die voorhuid steeds teruggetrek. En kyk net hoe lyk hy! Dis in jou piel se nek agter jou koronarif opgebondel – ook bloedrooi. Verweer en verfrommel sien jou los stuk pielvel daar uit. Die kop en voorvel brand soos vuur. Jy voel jy kan skree as jou vingerpunt aan die dele raak.
Jou hand gaan ontsteld laer af. Jy voel-voel aan jou ballas. Dit voel vir jou of jy aan ’n leë en gekreukelde bruin kardoes vat – geen volume en geen gewig nie. Wat gaan aan? Wat het gebeur? Jy’s hoogs bekommerd.
Jy kom orent om in die muurspieël na jou onderlyf te kyk terwyl jy wydsbeen staan. Versigtig lig jy jou piel op en hou hom in die lug. In die flikkering van die lig wat by die pampoenspook se oë uitstraal, sien jy jou balsak hang nie so laag en bestendig as gewoonlik nie. Die verkleinde sak bengel heen en weer in die briesie wat van die waaier teen die muur aan die oorkant kom. Moedeloos los jy jou piel dat hy hang soos hy wil.
Jy wriemel jou hand tussen jou lies en hangende vool in. Jy voel-voel benoud aan jou ballas. As jy jou regterbal tussen jou duim en voorvinger probeer vasvat, voel jy iets soos ’n speelgoed-sponsballetjie. Absoluut pap! En links? Presies dieselfde. My balle is leeg, dolleeg! dring dit tot jou deur. As jy weer aan jou nek vat, besef jy wat gebeur het. Jy is nie net bolangs van bloed gedreineer nie, maar ook onderlangs – van jou kosbare knatersous. En dit deur ’n fokken vampier!
Peinsend kry jy dit reg om uit te werk wat gebeur het. Jy het gedink jy droom toe jy uitgepaas het van die bloedverlies en in jou bedwelming gevoel het daar is ’n gewerskaf aan jou onderlyf. Jy besef nou dit was die vampiervrou wat jou vool woes met die hand geskommel het en jou gulsig gesuig het. In jou gedagtes herroep jy hoe sy komslag na komslag jou mansaad sluk. En, jy weet nie of jy jou verbeel nie, maar jy dink sy het jou vool besonder rof geskommel nadat jy die laaste keer gekom het. Dit begin nou tot jou deurskemer, sy wou jou penis en voorhuid so verrinneweer dat ’n ander vampier niks daarmee sou kon doen nie.
Ja, soos ’n frieskoei aan haar dik speen is jy vandag leeg gemelk besef jy as jy buk om jou broek op te tel. Jy’s gedoen! Deur ’n vampier! Huis toe om jou piel en ballas te laat rus is nou jou enigste opsie. En hoe lank gaan dit wees voor jy weer sal kan naai? En waar’s my onderbroek? wonder jy as jy kyk waar jy hom neergesit het. Die vampier het hom so wragtig gevat – natuurlik vir ’n aandenking. Jou eer is gekrenk.
Jy sien hoe die ontvangsdame by die lessenaar by die klubdeur jou snaaks aankyk as jy aangestap kom. Want dis vroegaand en jy loop effens vooroor gebuig en gee korter treë as gewoonlik. Dis om die geskuur van jou langbroek teen jou rou, steeds voorhuidlose pielkop te verlig. En jy sien hoe verbaas die dame is dat jy huis toe gaan. En dat jy haar nie, soos gewoonlik, inlig oor die amusering en genot wat jy op die partytjie gehad het nie. Jy het nie meer die balle vir sulke praatjies nie! dink jy vies. Soms sal jy haar met die verbystap met jou vingers wys hoeveel vrouens jy genaai het – gewoonlik twee of drie. En vanaand? Wel, jy het nie ’n halwe vinger om te wys hoe swak jou die resultate vir jou besoek was nie! As jy terugkyk, sien jy hoe sy jou agterna kyk en haar kop krap.
So oppas maar as jy ’n eenloperman is en ’n vampier op ’n swiengerspartytjie teëkom. Terwyl hulle jou betowerend jags kan laat voel en jou onderlangs stokstyf kan maak, kyk hulle jou bolangs deur – vir waar hulle hul tande in jou kan inslaan. En voor jy weet, tap hulle meer as jou bloed uit jou uit. Jy word nie net met ’n seer nek wakker nie, maar met gedreineerde balle en ’n helse seer piel.
Volgende keer kan ons na ’n paar ander verskynsels op ’n swiengers-Halloween-partytjie kyk.