Op 40 het ek nooit gedink ek sal al my fantasieë kan uitoefen nie. Vir lank moes ek my fantasieë in my gedagtes laat uitspeel, want hoe vertrou jy iemand om jou donkerste fantasieë mee te deel.
Ek as vrou wat in beheer van alledaagse take en besluite is, wou net oorgee en 'n slag nie in beheer wees nie. Maar waar vind jy so 'n man?
'n Man wat sy hande om jou nek sal sit, jou teen 'n muur vasdruk en jou bene oop sal druk met sy been en sy hand in jou klam natheid sal druk? En jy wat heeltemal beheer verloor, want elke deel van jou unieke vrouwees smag daarna.
Of selfs om in sy oë te kyk, eintlik dieper as sy oë, in sy wese te kyk terwyl hy homself diep in jou siel in stamp. Sy hande wat om jou keel vasgepen, is hy wat jou bene oopdruk sodat hy net nog bietjie dieper kan ingaan. Die vloeiende passie wat tussen julle is wat sonder woord boekdele oor geskryf kan word. Waar vind jy so 'n man?
Vir lank het ek gedink hy lewe net in my fantasië en elke aand in die donkerte wanneer die stad begin stilraak het, het ons ontmoet, daar by ons ou plek onder die sterre en die maan, dan het ons passievolle liefde gemaak met hom wat weereens die beheer oorvat, terwyl hy my wys wat hy na smag en hoe hy daarna smag. My liggaam wat hy misbruik en gebruik en plesier uit put, vir homself en natuurlik vir my. Waar hy homself aan my gee en hy my eien vir homself tot ons weer die volgende aand in die donker ontmoet.
Drome, alles drome, maar tog smag 'n vrou se wese, of laat ek sê my wese daarna. 'n Man wat haar wil misbruik, maar tog ook beskerm. Wat haar aanbid van 'n afstand, maar tog beheer oor haar wil uitoefen. Haar wil beskerm, maar nie van homself nie want die dier in hom kan en wil haar nogsteeds verskeur. As sy nakend voor hom staan moet hy haar behoeftes en haar vrouwees raaksien en tog moet hy haar lief genoeg hê om dit vir haar te gee wat sy so na smag.
Maak my nou asseblief saggies op jou tafel vas en misbruik my vir jou dierlike plesier.