Join the most popular community of South African swingers now
Login

Veertigjare vrou se BDSM-fantasieë word bewaarheid

"Suggestiewe skryfwerk van vrou tower geil BDSM-tonele op"

0
0 Comments 0
164 Views 164
3.0k words 3.0k words

Elders op Swinging Heaven het ’n dame onlangs ’n storie geskryf dat sy nou, op ouderdom 40, begeer om haar jare lange fantasieë te begin uitleef. Dit was ooglopend BDSM-fantasieë. Maar, het sy gesê, die dominant sou iemand moet wees wat sy beskou as die “regte man”. En die regte man sou ook een moet wees wat na die tyd liefdevol teenoor haar is.  

Die styl waarin die dame haar storie geskryf het en die manier waarop sy haar uitgedruk het was in sulke goeie, suggestiewe taal dat dit aanskoulike tonele by my opgetower het. Ek wil graag, deur hierdie skrywe, erkenning gee aan haar verbasende eerlikheid en effektiewe en taalvaardige skryfwerk. Ek doen dit by wyse van ’n antwoord aan haar – waarvoor daar nie genoeg ruimte in die opmerkingseksie sou wees nie.

My vertellings gaan oor hoe ek meen sy haar eerste BDSM-sessie –  met die regte man! – sou kon ervaar.

Onderstaande is wat ek graag vir haar sou wou sê:

H’m, jy lyk na ’n avontuurlustige dame wat goed daarin sou vaar om jou fantasieë uit te leef. En dit moet natuurlik, soos jy sê, met die regte man wees. Wie en wat daai regte man is, is ’n ope vraag. Tog het jy ’n paar leidrade gegee. Ek sal op grond daarvan probeer beskryf wat jou voorkeurman tipies met jou sal doen. Dalk is ek in die kol, dalk nie.

Dis duidelik dat jy ’n dominant soek – een wat jou behoorlik kan dissiplineer. Jou gedagtes gaan beslis in die rigting van ’n dominant wat, met jul samekoms vir ’n BDSM-sessie, by hom die volgende sal hê: ’n styfpassende leerhalsband met ruwe metaalknobbels en leiketting, hand- en voetboeie, bondasietou en ’n strokiessweep (een met strokies van egte leer). Laaste, maar nie die minste nie, wat hy by hom moet hê is ’n leer-looiplak. Dit sal soos een moet wees wat in die ou dae deur party skooljuffroue en -menere gebruik is – ’n plak wat  bestaan uit ’n strook sagte beesleer aan ’n houthandvatsel geheg. Een met ’n leerband van omtrent 30 mm breed, 4 mm dik en 35 cm lank.   

Dit sal ’n Vrydagaand wees waarvoor jy en jou dom reëlings getref het. Kort na sy aankoms sal jy teenoor hom bieg hoe jy, met jou dominante geaardheid by die werk, jou ondergeskiktes behandel. Jy is eenvoudig onnodig streng en kwaai met hulle. Subtiel verkleineer jy hulle soms. Jy het jouself al berispe en probeer om te verander. Maar jou hardkoppigheid en ongevoeligheid kom elke keer tussenbeide.  

Te lank het jy ongestraf gegaan oor jou optrede. Nou wil jy jou regruk, sal jy vir hom sê.

Jy voel jy het dissipline nodig. Jy wil behoorlik gedissiplineer word. Om seker te maak jou dom onderskat nie die mate waarin jy gestraf wil word nie, haal jy ’n paar ou koeie uit die sloot. Jy voeg ’n paar onverkwiklikhede van dinge by wat jare gelede tussen jou en ondergeskiktes gebeur het.   

Nakend aan jou dominant se leiketting sal jy in die strafkamer (die eetkamer) ingebring word. Hy sal jou langs die tafel laat staan. “Boude teen die rand van die tafel!” sal hy jou beveel. Jy wonder waarom. 

As hy jou borste met sy rooi katoen-bondasietou opgebind het, die toue styf spannend oor jou rug en skouers, sal hy met kelkende vingers en duim sy twee hande nader bring. Hy sal jou tiete, wat pynlik tussen die omsirkelende touwerk uitstulp, hard bevoel. Hy raak nie aan jou volledig ontblote tepels nie. As hy terugstaan en hulle bekyk, wonder jy wat hy volgende gaan doen. Jy sal gou uitvind.

Die ru handbewerking wat jou dom jou tepels gaan gee, sal erg seer wees. Want hy weet hoe om ’n tepelpunt met sy skurwe handpalm te vryf, dit dan tussen duim en voorvinger vas te vat en dit uit te rek – ver en pynlik. Hy weet ook hoe om ’n tepel tussen sy duim en voorvinger vas te vat en hard te draai – om die beurt kwartslag en halfslag – totdat hulle styf en puntend vorentoe staan. Hy sal hulle op allerhande maniere karnuffel tot jy die pyn nie meer kan verduur nie.

As hy uiteindelik sy hande van jou tepels wegvat, gaan jou gedagtes na die vergadering met jou personeel komende Maandag. Jy beter beleefd teenoor jou mense wees, vroumens – jy het jou vandag jou les met jou tiete geleer! Met seer tiete sal jy die week se opdragte uitdeel. Wat jy op hierdie stadium nie weet nie, is dat jy nie gaan voorsit met seer tiete alleen nie.

Jou gedagtes word tot die werklikheid teruggebring as jy jou dom die strokiessweep en looiplak op die tafel sien neersit. Jou oë rek. Waarvoor het jy jou ingelaat! dink jy.

Op sy bevel sal jy, met jou tiete steeds opgebind, jou looiposisie inneem. Jou voete skouerwydte uitmekaar, sal hy jou laat buk, jou hande op die sitblad van die eetkamerstoel. Jy doen dit gedwee – want hy is die baas en jy is die onderdaan. Met jou rug hol, laat jy jou agterwerk mooi hoog in die lug vir hom staan, die boude se vel styfspannend oor die sagte vlees. Jy wil goed gestraf word vir jou sondes. Goed getugtig wil jy Maandag by die werk opdaag.

Hy sal jou eers met die plathand – ’n effens hol plathand – loes. Eers ligte klappies, maar dan al harder wordende klappe met slap gewrig sal op jou boude neerkom. Rosige vyfvinger-handafdrukke sal hier en daar oor jou agterstewe begin verskyn.

Jou “regte man” sal dan elkeen van sy slaangoed op jou wil uitprobeer. Hy sal wil sien watter instrument jou die meeste eroties opgeil. Jy sal aan die begin sy langsame strokiessweep-hale een vir een hardop en met ’n respekvolle “dankie” vir hom moet aftel. As hy sien dat jy nie genoeg dank betoon vir sy hale met die strokieswikser nie, sal hy die leerplak naderbring.  

Jy sal nie weet wat jou getref het nie as die eerste plakhaal op jou boude neerkom. Knieë knikkend, sal jy die pyn probeer versag. Op jou “regte man” se ferm bevel, sal jy voortaan jou bene reguit hou. En, elke keer as jy jou gatjie probeer vryf, sal hy jou hand wegneem. Jy kry dan ’n ekstraharde haal met daai plak. Om dit erger te maak, word met die aftelling die laaste haal nie in ag geneem nie. Jy moet, as jy die strafhaal kry, bloot die laaste haal se nommer oorsê. Ook, as jy ’n voet lig van die pyn, sal jy dit dubbeld van agter kry.

Plakhaal vir plakhaal sal die rosig rooi kleur van jou boudwange begin verdonker. Opgehewe striemhale so wyd as die plak se leerband sal jou agterstel begin versier. Jy begin wonder of dit nie beter sou wees as jy maar jou fantasieë agterweë gelaat het nie – en nie die beheer wat jy gewoonlik het, prys gegee het nie.

Met jou donkerrooi gelooide en brandende boude sal jy regop kom. “Boude teen die rand van die tafel!” sal hy weer beveel. Dit brand soos vuur as jy jou agterstewe teen die tafelrand aandruk. Jy sien die glimlag op sy gesig as hy vra: “Enige verskil?”

“Ja, beslis. Dis ’n groot eina!” Jy besef nou hy gebruik die tafelrand as sy maatstaf om te sien of hy jou goed gestraf het. Hoe gaan ek ooit weer kan sit? En wat as ek Maandag die voorsitterstoel moet inneem. Dit alles sal deur jou gedagtes gaan as jy onwillekeurig na die eetkamerstoel se onsitbare sitblad kyk.

Die volgende sal wees dat jy jou hande vir hom moet uithou om die polsboeie aan te sit. Ru werkend sal hy die leerbande stewig om jou gewrigte vasgespe.

En dan sal jy op die eetkamertafel moet gaan lê sodat hy die enkelboeie ook kan aansit. Uiteindelik sal jy oopgespalk op die tafel wees. Met jou voete en hande stewig vasgeketting aan die vier hoeke van die lang tafel, sal jy daar lê – magteloos. Jy sal hom vra of hy jou een hand net vir ’n oomblik kan losmaak, want jou vasgebinde borste is seer en jy wil hulle vryf. Hy sal weier.

Jy voel hoe jy nat word van dit wat op jou wag. Jy wens jy kan daar onder vat. Maar jy kan nie, jy is vas.

As jou dom die styfgespanne halsband om jou nek losgespe terwyl jy op die tafel lê, sal jy wonder waarom hy so toegeeflik is. Jy sal weldra uitvind.

In minder as ’n minuut sal jou dom naak wees – sy skoene uitgetrek, sy hemp van sy bolyf afgestroop en sy jean en onderbroek eenkant toe geskop.

Jy sal dan sien hoe hy op die tafel klim met sy lig rondswaaiende swingel. Jy sidder by die gedagte hoe hy daai paal van so ’n enorme dikte in jou gaan inkry. Jy verlustig jou egter in die situasie wanneer hy in die missionêre posisie oor jou afsak. Want dis mos wat jy wou gehad het, meisiekind, sê jy vir jouself, ’n goeie, lang en harde spyker as deel van jou straf!

As hy jou keel met sy regterhand vasgryp, roggel jy en hyg na asem. Jy besef skielik waarom hy die halsband afgehaal het. Hy wou jou kaal keel beetkry!

Aanstons sal jy voel hoe daai ereksie hard teen jou buitelippe pik-pik soos dit jou ingang soek. Van handbystand is daar nie sprake nie. Hy kan of wil daarvoor nie jou keel los nie en hy moet sy bolyf met sy linkerhand stut.

Skielik sal jy voel hoe die peniskop teen jou opening aandruk. Jy hik as hy sy dik en lang orgaan in jou druipende vroulikheid instamp. Eina, jy maak my seer! wil jy skree, maar jy hou jou in. Want jy wil volledig onderwerp wees aan die forse manlikheid hier bo-oor jou geposisioneer. Hy is in beheer en jy is sy onderdaan – sy gehoorsame sub! moet jy jouself berispe. Jy wou dit gehad het en nou moet jy dit vat, sussie! sal jy vir jouself moet sê.

Jy kraai van plesier as hy jou moemf met woeste spykerhale begin plunder. Steekhaal vir steekhaal, met sy knieë klappend op die tafel en jy met jou hande en voete wat aan die boeie rem, neem hy jou teen die hoogtes uit. Die man het stamina. Sonder ophou pomp hy. Keer op keer bereik jy steunend ’n hoogtepunt.

Dan voel jy hoe die spiere van jou ingang begin verslap. Dis baie gevoelig daar van die intense wrywing. Maar dis asof die verslapping hom aanspoor. As hy ’n paar keer van steekrigting verander het en dan weer met reguit vorentoe hale jou diepste dieptes bereik, gee jy finaal oor. Jy kreet jou hoogtepunt roggelend uit, jou voete en hande rukkend en plukkend aan die boeie. Nog ’n paar woeste steekhale van hom, en dan volg sy diep, skor orgasmiese kreun. Dan lê hy stil – en jy ook, jou asem jagend.

Jy wonder of hy haastig is om sy BDSM-tuig te vat en te ry. Maar wat jy nie weet nie, is dat daar ’n verrassing vir jou op pad is.

As jou “regte man” regop kom en met sy blinknat halfslap vool van die tafel afklim, maak hy jou boeie los. Hy laat jou ook afklim.

Sy gesig steeds streng, neem hy jou aan die hand en lei jou in die rigting van die driesitplek-rusbank in die sitkamer. Jy loop effens wydsbeen. Dit brand daar onder!

Maar, alhoewel dit seer is, is jy in jou skik. Jy’s gebruik … eintlik behoorlik misbruik. Jy’s op ’n genotvolle manier gestraf! Dis mos soos dit moes wees, gaan deur jou gedagtes. Jou wou mos deur ’n dominant, jou regte man, reggesien wees. En nou is jy.

As julle langs die rusbank staan en hy jou tiete losmaak, wonder jy watter ruwe behandeling jou twee mammarieë nou gaan kry. Gaan hy hulle dalk met daai strokiessweep wiks?

Hy laat jou egter op jou maag op die bank lê. Met jou linkerarm wat langs die bank afhang, maak jy jou oë toe. Jy wil liewer nie sien wat hy nou met jou gaan aanvang nie.  

Skielik voel jy ’n hand op jou seer gestriemde linkerboud. As jy jou oë oopmaak en jou kop draai, sien jy jou dominant staan op sy knieë op die mat hier langs jou. Sy voorkant wys na jou. Sy vool hang slap. As jy opkyk, sien jy sy glimlag. Hy het ’n botteltjie room in sy linkerhand. Jy besef skielik hy is besig om met sy ander hand van daai room aan jou deeglik gelooide globe te smeer – behoorlik in te smeer! Jy voel hoe hy dit invryf, stadig en met lang stryke van sy handpalm.

Dis asof die boud nou ’n soort gloed by die seer bykry. Jy’s bly dit brand nie minder nie. Jy wil hê die pyn moet bly. Jy wil vir ten minste die volgende paar dae steeds voel hoe jy gestraf is vir jou gedrag met jou personeel.

Jy wonder of jy nie jou hangende linkerarm na jou dom moet uitsteek en sy vool moet vashou nie. Maar jy besluit daarteen. Jy is onervare in BDSM, gaan deur jou gedagtes. Dit sal dalk nie die regte gedrag teenoor ’n dom wees nie, dink jy bedagsaam. Jy wil hom nie affronteer nie. En dalk is sy vool ook seer van die rowwe naaiery! dink jy leedvermakerig.

As jou regterboud ook sy regmatige deel van handstrelings en -vrywe met die room gekry het, laat jou dom jou omdraai op jou rug.

Wat ’n wonderlike gevoel is dit as hy van die roompies in jou tieties begin insmeer. Heerlike strykies van sy vingers volg die rooi geskaafde en gekneusde rondings van jou borste. Dan volg liefderike en roomryke vingervegies alom jou tepel. Ook jou areolas kry ’n insmering. Laastens word jou tepeltjies, soos koeispene met melksalf ingesmeer word, tussen sy duim en voorvinger saggies ingesmeer. Dis asof hy wil vergoed vir sy weiering om jou hulle te laat vryf toe jy op die tafel was. Jou tepels gloei van die melkbeweginkies van sy vingers. Jy sien hoe hulle weer besig is om te verstyf. Maar jy is dankbaar hulle bly seer.

As jou dom glimlaggend met ’n titseltjie room aan sy vingerpunt na jou kwakkie afbeweeg, is dit asof jy ineenkrimp. Jy wil vir hom sê: Dis seer daar!

Dis asof hy besef hoe beswaard jy voel, want die volgende oomblik lê hy sy linkerhand saggies op jou skouer en sê: “Ek sal saggies werk”.

As jy ondertoe kyk, sien jy hoe sy hand by jou vroulikheid begin beweeg. Jy voel hoe hy jou regterbuitelip liggies insmeer met ’n aantal liplangse heen en weer strykhale. Dan voel jy hoe hy oorskakel na die linkerlip. As hy uiteindelik sy hand daar wegneem, sit hy die botteltjie room langs hom op die mat neer.

Hy neem die klein buisie wat langs die botteljie lê en wys dit vir jou. Jy sien dit is antiseptiese salf. ’n Titseltjie van die sagte salf word op sy vingerpunt uitgedruk. Die volgende oomblik beweeg die vinger tussen jou buitelippe in. Sy vinger is op my binnelippe!  besef jy. Van bo na onder en aan beide kante van elke lip, voel jy hoe hy die salfies sagkens invryf. Jou lippies, wat ’n man se vool so saggies kan omsluit, is nog erg gevoelig van die wrywing veroorsaak deur die dom se wild pompende orgaan. Selfs jou oorvloedige nattigheid kon nie die wrywing genoegsaam demp nie. Jy skep behae daarin dat jy vir die volgende paar dae, tot jou lippies behoorlik herstel het, van jou dom se strafnaai bewus gaan wees. 

Die volgende oomblik druk jou dom, sodat jy dit kan sien, ’n groot klodder salf op sy voorvinger uit. As die vinger daar onder kom, voel jy hoe dit in jou opening ingly. Jy voel hoe die vinger aan die binnerand van jou vagina om en om gaan. Dan is dit weer op die buiterand van jou opening. Jy verlustig jou in hoe delikaat hy jou brandende opening met die salfies insmeer.

Vir ’n oomblik voel jy effens vies. Jy wil nie hê die salf moet die seer wegvat nie. Jy wil die genot hê om vir die volgende paar dae met ’n verinneweerde, seer koekie rond te loop. Jy wil jou straf in herinnering roep as jy Maandag voor jou personeel staan.

Dis asof jou dom besef wat jy dink. “Die salf is nie pynverdowend nie, net antisepties – vir die kieme,” kom dit van hom, selfversekerd. Jy glimlag breed.   

“Ons is klaar,” sal jou dom sê hy as hy die proppie terugsit op die buisie, “ek hoop jy het die nasorg geniet.” 

Wat ’n bedagsame dominant wat sy submissief sulke wonderlike nasorg gee! Hy was gewis die regte man! sal jy dink jy as jy regop kom en hom ’n soen op sy wang gee.

As jy ’n halfuur later, nadat hy met uitvraery wou seker maak dat jy oukei is, van hom afskeid geneem het, gaan die hele affêre deur jou gedagtes. Dit was wonderlik om so ’n man se sub te wees, dink jy, hoogs bevredig. ’n Amper blou gewurgde keel, seer gekarnuffelde tiete, seer gelooide gat en ’n seer genaaide poes … en dierbare nasorg. Ek is behoorlik gedissiplineer. Ek was nie in beheer nie! Dit was my verdiende loon vir al die moeilikheid wat my ondergeskiktes met my het by die werk. Waarvoor meer kon ek vra?

Jou gedagtes sal verder gaan oor hoe jy Maandag, tydens die personeelvergadering gaan maak. Jy sal vir jouself moet sê: Ek sal my deftigste kantoorpakkie aanhê, braloos en met ’n serp om my nek. Ek sal nie op die voorsitterstoel gaan sit nie. Staande sal ek die verrigtinge lei. Ek sal net moet keer dat my voete nie ooglopend wyer uitmekaar is as gewoonlik nie. En as iemand vra waarom ek nie wil sit nie, sal my eerlike antwoord wees: “Dis dissipline. Mens moet dissipline hê om soms jou gewoontes te verander.”

Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery